26 November 2008    
Durbanville Occultdale Rd & Melkbos 4X4  
   
 

Ek het vanoggend Melkbosstrand 4x4 toe gery vir 'n werk spanbou. Ek het van die geleentheid gebruik om vanoggend 'n draai te ry deur die Durbanville se platteland oppad soontoe. Dit was 'n snikhete warm oggend en die kraaie en Spreeus het letterlik gegaap van die 28grade Celsius oggend op die Duranville se platteland. Ek het oudergewoonte die Occultdale pad gery en van die koring op die lande is nou reeds geoes met baie Landeryklopkloppies in die lande wat nog steeds koring op het. Verder het ek taamlik baie Gebande Oewerswaels vandag ook hier gesien. Ek het skaars van die Occultdale pad afgedraai oppad Philidelphia toe, of ek sien 'n donker JakkalsvoŽl, wat volgens een van my handboeke soos die donker vorm van die Bruin JakkalsvoŽl lyk, maar ek sal maar vir Trevor se bevestiging wag. Ek het net voor 10am by die 4x4 track aangekom. Ons het 'n lekker dag weg van die kantoor af gehad en ek dink almal het 'n baie lekker tyd gehad met die Quad-bikes en baie lekker spitbraai braaivleis middagete. Sommige ouens het met 'n paar bloukolle huis toe gegaan van die paintball. Tydens ons beurt op die Quad bikes het die gids ons vertel dat hulle 4x4 obstruksie baan oorstroom het met die baie reŽn en 'n dam met klein eilandjies het ontstaan het as gevolg hiervan . Daar was redelik baie Afrikaanse Oewerswaels asook enkele Gebande Oewerswaels by die dam asook 'n enkele paar Waterdikkoppe. Ek het toe so biejie om die "dam" gaan stap en redlik baie Bosveldstopsterte in die uitheemse plantegroei om die dam gekry. Die Bosveldstompsterte was vir my 'n Weskaapse lifer en ek was bly om 'n paar fotos te kry voor by battery pap was.

   
     
Kolgans Fiskaal Laksman (onvolwasse) Vleitinktinkie
     
HoŽveldse Skaapwagter Witborskraai Witkeelswael
     
Grootstreepswael Gewone mossie wyfie Landery Klopkloppie
     
Gebande oewerswael Gewone Bontrokkie Witpelikaan
     
Kroonkiewiet Kroonkiewiet kuiken Geelborsstrandkiewiet
     
Rooikoplewerk Wilde makou Rooikoplewerik onvolwasse??
     
Rooikoplewerik Gewone Koester Witgatspreeu
     
BruinjakkalsvoŽl Koningrooibekkie wyfie Bontkiewiet
     
Waterdikkop Afrikaanse Oewerswael Afrikaanse Oewerswael
     
Kleinwindswael Bandkeel-oewerswael Bloureier
     
Driebandstrandkiewiet Kaapse Kanarie Kaapse Kanarie onvolwasse
     
Bosveldstompstert Bosveldstompstert Bosveldstompstert