29 November 2008    
Weskus Nationale Park en Langebaan  
   
 

Ursula en die kinders is uitgenooi na oggend en middag verjaardag partytjies en ek is vanoggend alleen deur Weskus Nationale Park toe. Ek het sommer vroeg die week al besluit om vandag vroeg Weskus Nationale Park toe te gaan om te kyk of ek nie beter kon doen as verlede naweek nie. Ek was vroegoggend al met die sak van die gety by die Geelbek skuiling. Die Rooipootruiter was weer daar vanoggend, maar die Breebekstrandloper kon weereens nie raak gesien word nie. Ek en Edward Smith, vir wie ek vanoggend by Geelbek ontmoet het, is Langebaan toe, waar hy vir my gaan wys het waar Witkruisarende vroeŽr die jaar gebroei het. Die jong Witkruisarend en die volwasse Witkruisarende was nog daar en ek kon 'n paar vinnige fotos neem en ry voor ons hulle te veel gesteur het. Dit was ongetwyfeld my hoogtepunt vir die jaar! My dag is gemaak en ek het van Langebaan af terug gery Seeberg hide, waar die water nog te laag was. Daar was onderandere Klein Flaminke ek kon ook 'n paar onduidelike fotos kry van 'n klompie Bandstertgriete op 'n aftand. Ek is van daaraf Geelbek toe om te kyk of ek die Europese VlieŽvanger opspoor, maar is maar vandaar af huistoe toe ek dit nie kon opspoor nie. Die enigste reptiel wat ek gesien het, buiten die normale Ploegskaar skilpaaie, was 'n slang wat raakgery is net buite die noordelike hek van die WKNP reservaat. Trevor het bevestig dat dit 'n "Cape Whip Snake" is. Die slang het ook 'n twee ander name, naamlik "Cape Sand Snake en "Leightonís Sand Snake".

 
     
Bergpatrys Hartlaubse meeu Witpelikaan
     
Kemphaan Grysstrandkiewiet Groenpootruiter
     
Krombekstrandloper Steenloper Moerasruiter
     
Gewone Ringnekstrandkiewiet Vaalstrandkiewiet Geelborsstrandkiewiet
     
Knoet Bandstertgriet Kleinwulp
     
Fiskaal Laksman Fiskaal Vlieevanger Afrikaanse Vleivalk
     
Kaapse Fisant Kaapse Wewer Jangroentjie
     
Kransvalk Geelbekwou BruinjakkalsvoŽl
     
Witkruisarend onvolwasse Witkruisarend Onvolwasse Witkruisarend
     
Cape Whip Snake/ Cape Sand Snake / Leightonís Sand Snake