30 November 2008    
Hermanus - Hemel en Aarde(Camphill)  
   
 

Ek, Ursula en die kinders is vanoggend Hermanus toe en nadat ons die vrieskas, wat ontvries het, eers skoon gemaak het en so paar ander dinge om die huis regetrek het, het ons 'n middagbraai geniet en eers so bietjie ontspan. Agtermiddag het ons die kinders swembad toe gevat en terwyl die kinders geswem het, het ek 'n "vinnige" draaitjie gaan ry met my kamera in die hand. Ek het Camphill toe gegaan, wat sowat 5 minute se ry is van Hemel en Aarde. Ek het vir 'n rukkie 'n Karoolangstertjie dopgehou, wat besig was met nes bou. En toe sien ek 'n Olyfspeg, my lifer vir die dag, en kry toe sommer ook 'n duidelike foto as 'n bonus! Daar was ook 'n klompie Swartsaagvlerkswaels wat soos oudergewoonte my laat swoeg het om 'n foto te kry. Gelukkig sien ek een hoog in 'n boom sit en kry toe darem uiteindelik 'n herkenbare foto van een! Daar was ook Meitjie wat ek nie kon opspoor nie asook ook 'n ParadysvlieŽvanger wat weer nie wou stilsit vir 'n foto nie. Ek is vandaar weer terug Hemel en Aarde toe, waar ek en Ursula eers 'n sundowner geniet het, waarna ons terug is Durbanville toe.

   
     
RooiborsjakkalsvoŽl Witkruiswindswael Kleinwindswael
     
Kaapse Kanarie Kleinrooibandsuikerbekkie Jangroentjie
     
Karoolangstertjie Olyfspeg Mikstertbyevanger
     
Grootstreepswael Fiskaal VlieŽvanger Gewone Kwikkie
     
Bandkeelkleinjantjie Swartsaagvlerkswael Gewone Tarentaal