6 Desember 2008    
Weskus Nationale Park en Yzerfontein  
   
 

Ek is vanoggend Yzerfontein toe om vir die Bonttobie, wat Vrydag daar opgemerk is, te gaan soek. Ek eindig toe op by 'n paar pannetjies by Yzerfontein naby die Strandkombuis. 'n paar Swartugmeeue het my geduikbom, soos wat ek stap, omdat hulle langs die panne broei. Na 'n ent se stap al met die lyndraad langs kon nog Swartobies op die oorkantste bank sien en was baie bly om die Bonttobie tussen hulle te sien. 'n Groot swerm van 30+ Tobies het opgevlieg en so bietjie nader aan my kom sit en dit het my die geleentheid gebied om so paar fotos te neem. Gelukkig merk ek ook op die stadium op dat my kamera op 200 ISO gestel was en kon toe darem dit regmaak voor ek verder fotos neem. Ek is vandaar terug Weskus Nationale Park waar ek 'n draai gaan maak het by Seeberg en ek het toe die hitte van die dag gaan uitsit in die koel Geelberg hide met die sak van die gety. Ek is toe weer terug Yzerfontein toe om te kyk of ek weer die Bonttobie kon opspoor vir Edward Smith, maar die Bonttobie of die Swarttobies was nie meer by die pan nie en ek is toe vandaar af terug huistoe, maar het darem 'n troosprys gekry in die vorm van 'n Kransvalk wat voor my 'n voŽl oor die pad getrek het en toe op 'n muur die voŽltjie, wat lyk soos 'n Grysrugtinktinkie, begin vreet het. Ek het vandag weer my tweede "Kaapse Sand Slang" in die Weskus Nationale park gekry, maar ongelukkig was die slang, net soos die vorige een wat ek gekry het, amper dood nadat dit raakgery is. Die slang het ook 'n paar name, naamlik "Cape Whip Snake" of "Cape Sand Snake of "Leighton's Sand Snake". My hoogtepunt vir die dag was ongetwyfeld die "twitch" wat ek uiteindelik kon kry. Ek was ook baie bly toe ek vir David Hall deur die loop van die oggend ook kon help om ook die Bonttobie op te spoor.

 
     
Vleitinktinkie Kaapse Tiptol Slangverklikker
     
Bandkeeloewerswael Europese Swael Kransswael
     
Kleinwindswael Witkruisvleivalk Afrikaanse Vleivalk
     
BruinjakkalsvoŽl Groot Swartrugmeeu Rooipootelsie
     
Bonttobie Bonttobie Bonttobie
     
Kleinwulp Gewone Ringnekstrandkiewiet Steenloper
     
Krombekstrandloper Drietoonstrandloper Groenpootruiter
     
Kaapse fisant onvolwasse WitkruismuisvoŽl Witborskraai
     
Kransvalk Kransvalk Kransvalk
     
Swarttobie Kleindobbertjie Cape Whip Snake/ Cape Sand Snake / Leighton's Sand Snake