7 Desember 2008    
Klipheuwel-Rocklands Farm  
   
 

Ek en Mario het laat vanmiddag 'n draai gaan maak by Rocklands, na 'n snikhete middag. Ek het eers by Klipheuwel gestop om vir hom 'n Namakwaduif te gaan wys, wat sommer klaar vir hom 'n lifer was en toe deurgery Rocklands toe. Ons het op die Suidelike kant van die stroompie tussen die bosse rondgestap en twee slange raakgeloop. Na so bietjie se rondstap is ons weer terug huistoe. Daar was so paar jong voŽls wat my weer heel deur mekaar gehad het, maar hopelik sal dinge duideliker wees wanneer ek my emails van Trevor af terug gekry het :-) Ek sal in die nabye toekoms weer soontoe gaan, want ek het 'n gevoel dat daar nog baie daar vir my te sien is.

   
     
HoŽveldse Skaapwagter vat 'n stofbad Geelkanarie Wyfie Witpelikaan
     
Rooikoplewerik Namakwaduifie Gewone mossie onvolwasse...
     
Karoo Langstertjie Fiskaal VlieŽvanger onvolwasse Bandkeelkleinjantjie
     
Bonthoutkapper RooiborsjakkalsvoŽl onvolwasse Rhombic Egg-eater ...