13 Desember 2008    
Durbanville - Rocklands  
   
 

Ek het vanoggend 'n vinnige draaitjie gaan ry in die Durbanville omgewing. Ek het die grootste gedeelte van die oggend naby Klipheuwel gespandeer om swaeltjies af te neem. Ek het daarna by Rocklands 'n draai gaan maak toe dit al klaar baie warm was en kort nadat ek daar aangekom het, is ek terug huistoe vir oggendete. Ek het Geelbekwou by Klipheuwel gesien met 'n voŽltjie in die kloue en dit lyk asof die Geelbekwoue somtyds sommer hulle prooi in die lug vreet. Ongelukkig het hy weggesweef en kon ek nie sien of hy die hele voeltjie so in die lug opgevreet het nie, maar hy het beslis stukke vere van die voeltjie afgeskeur in die lug. Die koring is nou amper oral heeltemal van die lande geoes en die sand en stof was maar lastig by tye en die voŽls was oor die algemeen heelwat minder as so paar weke terug.

   

     
BruinjakkalsvoŽl Gewone Kwikkie Geelbekwou
     
Witkeelswael Karoolangstertjies Wildemakou
     
Suidelike Rooivink wyfie Huismossie wyfie Europese Swael
     
Grootstreepswael Rooireier Witkruiswindswael