17 Desember 2008    
Grootvadersbosch  
   
 

Ek en die kinders is vanoggend vanaf Hemel-en-Aarde na Caledon en vandaar via die N2 tot by Swellendam en toe na 'n oggendete langs die pad deur na Grootvadersbosch. Dit was warm, maar bewolk. Net na Caledon op die N2 het ons 'n groot swerm van sowat 103 Witooievare teegekom. Dit was 'n lifer vir ons almal en daar was gelukkig 'n plek om af te trek en 'n paar fotos te neem. Ek het ook 'n Edelvalk hier gesien wat ook 'n lifer was vir die kinders. Ons het toe eers oggendete gaan eet net na Swellendam en vandaar is ons Grootvadersbosch toe. Die son was reeds hoog en dit was warm. Ons het 'n Skerpioen gekry asook 'n reuse erdwurm. Ons kon ongelukkig geen voŽls sien wat ek nog nie klaar gesien het nie en kon geen van die gesogte voŽls sien nie, alhoewel ons hulle gehoor het. Ons het darem 'n Olyfspeg gesien en kon dit vir 'n tydjie lank dophou terwyl dit vir kos gesoek het en dan 'n jong voŽl gevoer het. Dit was 'n lekker lang stap en die hoogtepunt vir die dag vir my was die Witooievaar wat ek oppad soontoe gesien het asook die reuse erdwurm. Hopelik sal die woud volgende keer meer van sy geheime onthul en hopelik vinnig weer daar 'n besoek kan aflÍ.

   

     
Edelvalk Edelvalk Edelvalk
     
BruinjakkalsvoŽl Witooievaar BloukraanvoŽl
     
DonkervlieŽvanger DonkervlieŽvanger DonkervlieŽvanger
     
Kaapse Bosbontrokkie Olyfspeg Olyfspeg
     
Suidelike Swie x- Skerpioen Makayla met die reusagtige erdwurm