18 Desember 2008    
Overberg  
   
 

Na gister se lifer in die vorm van 'n Witooievaar het ek besluit dat dit nie so slegte idee sal wees om vanoggend die Overberg gebied vanaf Hermanus-N2-Swellendam tot by Bredasdorp te verken nie. Ek en Melissa en Makayla is dus vanoggend vroeg uit die vere met die hoop om weer iets nuuts te sien. Sommer op die N2 het ek reeds 'n nuwe lifer vir die dag toe daar 'n Hamerkop verby ons vlieg en ek darem veilig kon stop en betyds wees om 'n foto te kry. Ons is toe via die Bredasdorp afdraai naby Swellendam op grondpaaie langs wat ek nog nooit gery het nie. Sommer op die eerste grondpad sien ons 'n KransaasvoŽl sirkel oor 'n plaaswerf, wat 'n lifer vir beide Melissa en Makayla is en my tweede keer is dat ek een in die Weskaap sien. Gelukkig sirkel die aasvoŽl al met die pad langs en ek kry darem weer die geleentheid om fotos te kry voor dit verwyn. Ons is toe deur plaas toe naby Viljoenshof om vir my Pa te gaan kuier. My Pa vertel my toe van 'n Diederik Koekoek wat daar naby die huis in die Spidergum bome die oggend geroep het. Na so 1/2 uur se gesoek en nadat ek byna enige voŽl wat in die spidergum bome was uitgelok het met enige voŽlroepe wat ek ken het ek 'n klomp Europese swaels gelok asook 'n Waterfiskaal en Jangroentjies en Kaapse Wewers en toe gee die Diederik koekoek ook skielik antwoord en kom uit die ruigtes te voorskyn en sit toe darrem vir so paar oomblikke lank genoeg stil vir een ordentlike foto. Dit is ALTYD lekker om lifers te kry en nog lekkerder om 3 lifers te kry in twee dae in die Weskaap :-) Afgesien van al die lifers was die KransaasvoŽl, wat ons sowat 40km vanaf DeHoop gekry het, my hoogtepunt vir die dag! Ek was darem ook baie bly dat ek die Diederik Koekoek so mooi kon sien en daarby 'n mooi foto kon kry.

   

     
Hamerkop Gewone Koester BloukraanvoŽl
     
Witooievaar Witborsduiker Kaapse Flap
     
Grootstreepswael Gewone Koester Swartkeelgeelvink
     
Bleshoender Kolgans Hadeda
     
Gewone Bontrokkie mannetjie Gewone Bontrokkie wyfie Gewone Koester
     
KransaasvoŽl KransaasvoŽl KransaasvoŽl
     
HoŽveldse Skaapwagter onvolwasse BruinjakkalsvoŽl SkoorsteenvieŽr
     
Swartkraai Kaapse Wewer Kaapse Kanarie onvolwasse
     
Jangroentjie Kaapse Wewer mannetjie Suidelike Waterfiskaal
     
Kaapse SuikervoŽl Diederik Koekoek Springbok