19 Desember 2008    
Overberg  
   
 

Ons het vanoggend teruggekeer Hermanus nadat ons gisteraand op die plaas oorgeslaap het. Dit is bewolk met reŽn en die grondpaaie was plek-plek maar baie modderig en glyerig. Ons het weer die plaaspaaie gebruik oppad N2 toe met die hoop dat ons nog nuwe voŽls kan sien. Die enigste nuwe voŽl wat ons vandag gekry het was 'n Overberg Langbeklewerik. Dit was nou wel nie vir my 'n lifer nie maar ek was bly dat die voŽl so lank stil bly sit het, sodat ek mooi vir Melissa en Makayla die verskille kon uitwys. Die kinders se hoogtepunt was toe ons verby die tronk naby Swellendam verby ry en hulle al die tronkvoŽls in hulle helder tronkvoŽl uitrusting gesien het. Dit is nou wel nie voŽls nie, maar dit is darem "tronkvoŽls" :-). My hoogtepunt was die Overberglangbeklewerik sowel as 'n bruinjakkalsvoŽl wat vermoedelik nog 'n jong voŽl was, wat my toegelaat het om uit die motor te klim en sowat 15m van hom af so paar fotos te neem voor hy hom eers uitgestrek het en toe luierig weg gevlieg het.

   

     
RooiborsjakkalsvoŽl Europese Swael Witkeelswael
     
Rooikoplewerik Gewone Koester Dikbeklewerik
     
Gewone Koester - onvolwasse Dikbeklewerik - onvolwasse Nickolsonse Koester
     
Kroonkiewiet Swartkopreier Lepelaar
     
Kaapse Slopeend Bokmakierie BloukraanvoŽl
     
Overberg Langbeklewerik Overberg Langbeklewerik Overberg Langbeklewerik
     
Namakwaduifie BruinjakkalsvoŽl RooiborsjakkalsvoŽl