21 Desember 2008    
Hemel en Aarde tot Caledon  
   
 

Ek het agtermiddag weer uitgery op die Hemel en Aarde grondpad met die hoop om dalk iets nuuts te sien. Ek het spesifiek uitgegaan om te kyk of ek weer die Gryskopmossies kon opspoor wat ek so ruk terug daar gekry het. My eerste stop was by die plek waar ek laas die Gryskopmossies gesien het. Ek het skaars gestop of ek sien 3 Gryskopmossies in die pad voor my sit en ek neem eers 'n vinnige foto, voor ek my kar so bietjie verder op teen die bult gaan parkeer. Ek het weer teruggestap na die plek waar die Gryskopmossies in die pad gesit het en vir so uur en 'n half daar rondgesit en kyk wat beweeg in die bome en om die dam wat daar is. Toe sien ek weer die Gryskopmossies in die tuin van die Plaashuis en kry toe darem weer 'n paar fotos. Ek het ParadysvlieŽvangers in 'n akkerboom gesien, maar die groot blare het 'n foto geleentheid moeilik gemaak asook die son wat besig was om te sak en daarmee saam die lig wat minder raak. Ek het besluit om meer na Caledon se kant toe te ry en toe so klein entjie verder 'n afdraai gevat na Standford se kant toe en so halwe kilometer op langs 'n dam gestop. Ek was baie bly om my eerste Hamerkop langs die dam van nader af te sien. Ongelukkig was daar lang gras langs die pad en voor die dam, wat 'n mooi "oop" foto bemoeilik het en ek moes maar mooi mik om fotos te ky soos die voŽl na my kant toe beweeg het, voor dit onder die dam se wal, langs die pad, verdwyn het. Ek is toe weer terug na die akkerboom waar ek die ParadysvlieŽvangers gesien het en die keer het ek twee jong voŽls in die ruigtes van die akkerboom gesien en so paar fotos gekry. Ek het ook toe een gesien wat vir 'n oomblik op die draad gaan sit het en ek het my eerste mannetjie ParadysvlieŽvanger foto ook dan nou gekry, alhoewel die lig baie swak was. Ek is vandaar na Camphill, waar ek so paar Gewone Janfrederikke gesien het wat baie lawaaierig was. Ek kon sien dat dit twee jong voŽls was en nader gestap. Hulle het nie opgevlieg nie en toe hoor ek 'n geritsel in die droŽ blare en sien die stert van 'n groterige slang verdwyn onder die bossie waar die voŽls so bohaai opgeskop het. Die slang het verdwyn en die twee voŽls het hom gevolg met 'n lawaai, maar ek kon nie weer die slang opspoor nie. Ek is vandaar af weer terug huis toe in Hemel en Aarde. Die Hamerkop was ongewyfeld die hoogtepunt van my dag asook die drie Gryskopmossies by die plaas "Lente" op die Hemel en Aarde pad na Caledon toe vanaf Hemel en Aarde in Hermanus.

   

     
Geelbekwou SkoorsteenvieŽr Jangroentjie wyfie
     
Gryskopmossie Gryskopmossie Fiskaal VlieŽvanger
     
Hamerkop Hamerkop Hamerkop
     
ParadysvlieŽvanger ParadysvlieŽvanger Suidelike Swie
     
Kaapse Glasogie Kaapse Kanarie Gewone Janfrederik
     
Karoo Langstertjie Kleinrooibandsuikerbekkie wyfie Mikstertbyevanger
     
Fiskaal VlieŽvanger Bloukopkoggelmander Naaldekoker-x