23 Desember 2008    
Elandsbaai en Weskus Nationale Park  
   
 

Ek het vanoggend baie vroeg vir Edward Smith in Velddrift ontmoet en is van daaraf Elandsbaai toe om vir die Bairdse Strandloper te gaan soek. Ons is eers na Verlorenvlei om vir die Kleinriethaan te soek, maar ongelukkig kon ons nie dit nie opspoor nie. By Wadrift Soutpan was ons net so ongelukkig en kon ook nie die Bairdse Strandloper opspoor nie. Edward het toe vir my die Sterretjie oornag plek gaan wys, waar die Roetsterrejie ook onlangs opgespoor is. Edward was terleurgesteld dat hy my nie kon help om enige van die "megas" op te spoor nie en alhoewel ek ook terleurgesteld was dat ek so lank uitgestel het, was ek darem bly om so paar nuwe plekke te kon sien. Ons is toe weer terug Velddrift toe vanwaar ek terug is huistoe. Maar oppad huistoe besluit ek op die oomblik dat ek verby Langebaan se afdraai ry dat ek Weskus Nationale park toe sal gaan om 'n "vinnige draai daardeur te ry oppad huistoe. Ek is eers Seeberg toe omdat dit op die hooggety was en daar het ek baie beter fotos van Bandstertgriete gekry. Ek is toe Geelbek toe waar ek die Spidergums deursoek het vir enige iets nuuts en toe vind ek dit! 'n Europese VlieŽvanger wip vÍr agter in een van die Spidergum bome in en ek kry my foto na 'n halfuur se op en af loop voor die Spidergums en toe verdwyn dit en ek sien dit nie weer nie. Ek het ook my beste fotos vandag gekry van 'n Banstertgriet asook Bleeksingvalk. Ek was baie dankbaar vir Edward Smith se interessante geselskap vandag. Ek is met 'n huppel in my stap terug motor toe en betyds om nog so paar laaste Kersinkopies te gaan doen :-)

   

Bleeksingvalk Bleeksingvalk Bleeksingvalk
     
     
Kleinstrandloper Bosruiter Krombekstrandloper
     
Geelbekreier Driebandstrandkiewiet Bontelsie
     
Vaalstrandkiewiet Grysrugtinktinkie Rooipootelsie
     
Kopereend wyfie Teeleend Rooibekeend
     
Bandstertgriet Bandstertgriet Kleinwulp
     
Europese VlieŽvanger Europese VlieŽvanger Europese VlieŽvanger
     
Bergpatrys Geelkanarie Steenbok