26 Desember 2008    
Elandsbaai  
   
 

Ek is vanoggend vir 'n tweede en laaste keer na Wadrift Soutpan naby Elandsbaai om te kyk of ek die Baird's Strandloper kan opspoor. Dit is nou nadat ek en Edward dit nie met die vorige geleentheid kon opspoor nie. Ek, Melissa en Makayla is vanoggend baie vroeg al oppad Elandsbaai toe, terwyl Ursula 'n welverdiende ruskansie geniet het. Ons eerste stop was Verlorenvlei, waar ek vir die Bailllon's Crake gesoek het, wat ek ook nie verlede keer saam met Edward kon opspoor nie. Ek het het darem die Bailon's Crake vir 'n paar oomblikke gesien, maar was te laat om 'n foto te kry. Ons is toe na Wadrift Soutpan, waar ek toe dadelik by die 2de Spoorwegtonnel gaan stilhou. Ek kon glad nie die Bairdse Strandloper sien nie en het die res van die pan begin fynkamp. Die rand van die water het geskuim, wat half ingepas het by Kersfees, wat gister was, want die skuim het amper soos sneeu gelyk. Nadat ek so 'n bietjie rondgekyk en rondgery gey het, is ons weer terug na die die tweede spoorwegtonnel. En toe sien ons dit!!!!! 'n Bruinerige strandloper staan reg langs die rand van die water reg langs die tweede spoorweg tonnel!! Gelukkig is die strandloper min gepla met ons kameras wat by die kar uithang en dit gee ons al drie die geleentheid om 'n goeie klompie fotos te neem, voor 'n Spoorwegbeampte langs ons stop en my vriendelik versoek om nie so naby aan die spoorwegtonnel te stop nie. Gelukkig het ek teen die tyd al oorgenoeg fotos gehad om 'n plakboek te begin en is ons weer terug Verlorenvlei toe, met die hoop om 'n foto van die Bailonn's Crake ook te kry. Ek verloor die Bailonn's Crake vir 'n tweede keer uit die oog toe ek 'n foto probeer neem. Ek het moed opgegee en ons is toe Elandsbaai toe om Roetsterretjies te gaan soek. Daar was geen teken van enige Roetsterretjies nie, maar die gedagte aan 'n baie skaarser Bairdse Strandloper was baie meer as net 'n troosprys. Daar was 'n paar roofvoŽls ook vandag waaroor ek nie te seker is nie, maar ek sal die onderskrifte van die roofvoŽls regmaak, sodra ek duidelikheid kry oor wat hulle is. Ons het toe via die Aurora pad via Piketberg teruggery huistoe en weer'n Hamerkop gesien en die kinders kom darem ook nou fotos kry van een. Die Bairdse Strandloper het ek opgespoor met groot hulp van Edward Smith, maar ek sou dit ook nooit kon gekry het nie as dit nie vir David Hall was wat my weer herhinner het dat dit uit en uit die moeite werd was om weer te gaan probeer om die Bairdse Strandloper te gaan soek en ek is so bly dat ek weer gegaan het op sy aanbeveling. Die ander hoogtepunte was perfekte weer en die amper tower atmosfeer wat die wit skuim langs en om die Bairdse Strandloper verleen het. Dalk is ek/ons nog 'n lifer ryker met een van die roofvoŽls, waaroor ek tans nie so seker is oor nie. Ek moet nog ook nog bevestiging kry oor die Bairdse Strandloper. Die kinders het die hele dag geniet, omdat ons nie in 'n skuiling gesit het nie en hulle was nooit een oomblik verveeld nie. Wat 'n dag!!!!

   

     
Bleeksingvalk Onvolwasse Oostelike Rooipootvalk Kransvalk - onvolwasse
     
Gewone Sterretjie Kleinstrandloper Geelborsstrandkiewiet
     
Gewone Ringnekstrandkiewiet Bairdse Strandloper Bairdse Strandloper
     
Bairdse Strandloper Bairdse Strandloper Bairdse Strandloper
     
Veereier Bergwagter Namakwaduifie
     
BloukraanvoŽl Hamerkop Hamerkop