6 January 2009    
Grootvadersbosch  
   
'n Groot swerm Witooievare naby Caledon
 

Ek, Melissa en Makayla is vanoggend weer vroeg al oppad van Hermanus na Grootvadersbosch toe. Daar was weer heelwat Witooievare langs die pad en dis moeilik om te glo dat ek nie 'n Witooievaar op my lifelist 'n week gelede gehad het nie. Mens kan nou omtrent enige pad in die Overberg omgewing ry en jy is gewaarborg om ten minste 10 Witooievare te sien. Vandag was geen uitsondering nie en ons het weer 'n groot swerm van meer as 120 Witooievare gesien en terselfde tyd omtrent 3 kleiner swerms van sowat 30 Witooievare elk gesien tussen Caledon en Riviersonderend langs die N2. Dit is meer as 200 Witooievare in 'n 360 radius op een plek! Naby Grootvadersbosch op die Suurbraakpad het ons 'n JakkalsvoŽl gesien en die bors is definitief meer gespikkeld en my gevoel is dat dit definitief 'n BergjakkalsvoŽl is met die klein blaarvormige patroon op die borsveertjies. Ons was nog nie eens in by die hek nie of ons het klaar 'n Bloukatakoeroe gesien asook 'n Olyfboslaksman asook Gestreepte Kanarie. Ongelukkig was dit die hoogtepunt van ons dag alhoewel ons heelwat nuwe voŽlgeluide gehoor het. Waaroor ek bly is, is dat die nuwe voŽls Somerbesoekers is en dat ek dan enige tyd terug kan gaan om die meer inheemse voŽls te gaan soek. Die ander goeie nuus is dat die petrol prys more heelwat minder is :-)

   

     
Witooievaar BergjakkalsvoŽl Nedikkie
     
Bloukatakoeroe Olyfboslaksman Kaapse Bosbontrokkie
     
Olyfspeg Gestreepte Kanarie Olyflyster
     
Donker VlieŽvanger onvolwasse SwartSaagvlerkswael Suidelike Swie
     
Nedikkie Gevlekte MuisvoŽl Kaapse Kanarie