11 January 2009    
Fernkloof - Bredasdorp - De Mond  
   
 

Ek is vanoggend vroeg Fernkloof toe. Daar het 'n sterk wind gewaai toe ek daar aankom, maar die wind het vinnig gaan l. Ek het die paadjie teen die berg uitgestap en nog 'n nuwe soort naaldekoker gesien en afgeneem en is kort daarna terug huis toe vir oggendete. By die huis by Hemel en Aarde gekom het ek weer oor my emails gegaan. 'n Europese Troupant is net anderkant Bredasdorp gesien en ek het net daar besluit dat dit dalk net die ding is om die vakansie mee af te sluit. Oppad Bredasdorp toe, was daar weereens hope Witooievare langs die pad en byna onmiddelik na ek deur Bredasdorp gery het, kry ek die Troupant, net buitekant die dorp. Ek raai maar op die stadium dat dit 'n jong vol is, omdat die voorkant nie blou is nie. Ek het die Troupant so vinnig gekry dat ek besluit het om nog 'n vinnige draai te gaan maak by De Mond. Ongelukkig was die dit hoogwater toe ek daar aankom en al die strandlopers was reg op die agterkant van die rivier mond. Ek kon sweer dat ek 'n Breebekstrandloper gesien het, maar my tyd het uitgeloop asook my kamera se battery en ek moes terug ry Hermanus toe om te gaan pak om terug te ry Durbanville toe. Ek het die Vaalribbok en haar lam baie geniet oppad Bredasdorp toe. Die Troupant was baie maklik om te kry en dit lyk asof dit 'n baie maklike "twitch sal wees vir iemand wat een soek. Die laagtepunt van die dag was ongetwyfeld dat die einde van ons vakansie aangebreek het, maar ek skat dis wat vakansies lekker maak... Iets om voor uit te sien volgende keer... Rome is mos nie in een dag gebou nie :-)

   

     
Nedikkie - Fernkloof Geelborssuikerbekkie - Fernkloof Witooievaar
     
Europese Swael Kleinwulp Strandloper - dalk 'n Breebekstrandloper
     
Europese Troupant Vaalribbok en haar lam Little Scarlet female