25 January 2009    
Paarl Bird Sanctuary  
   
 

Ek is vanmiddag taamlik laat alleen deur Paarl toe. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om 'n draai by die "Paarl Bird Sanctuary" te gaan maak. Daar aangekom, het ek so bietjie tyd by die piekniek area deurgebring en vandaar af het ek 'n vinnige draai gaan maak by die bird hide met die sand strandjie. Voor diť bird hide het daar 'n meeu dood gelÍ en 'n klein entjie voor die ingang na die bird hide het daar ook 'n Bontkiewiet dood gelÍ. Ek het ook 'n Bontkiewiet gesien wat se vere effens weg was om die keel, so asof iets hom aangeval het. Op 'n meer positiewe noot het ek 'n paar Swart eende gesien, naby die piekniek area, asook 'n Rietsanger waaroor ek glad nie seker is nie, maar waaroor ek baie opgewonde voel. Daar was ook heelwat Kuifkopvisvangers vandag.

   

     
Gewone Ruiter Gewone Ruiter Gewone Ruiter
     
Swarteend Teeleend Kaapse Slopeend mannetjie
     
Kuifkopvisvanger Kleinwitreier Kleinwitreier
     
Bruineend Koningriethaan Grootwaterhoender
     
Grootwaterhoender onvolwasse Grootwaterhoender onvolwasse Grootwaterhoender onvolwasse
     
?Kleinrietsanger? Kaapse Rietsanger Gewone Kwikkie
     
Witpelikaan Kolgans Kleindobbertjie
     
Dikkop Dikkop onvolwasse Dikkop onvolwasse
     
Rooibekeend Driebandstrandkiewiet Bontkiewiet