27 Februarie 2009    
Weskus Nationale Park  
   
 

Ek is vanoggend Weskus Nationale Park toe. Dit was maar taamlik mistig toe ek so 8uur se kant daar aankom, maar die mis het gelukkig vinnig verdwyn. Ek is eers Geelbek toe om 'n idee te kry van hoe ver die watervlag al geval het na die hoogwater vanoggend. Daar was redelik baie water in die pannetjies voor die hide, wat maar redelik droog was, toe ek die laaste keer daar was, en klein groepies Krombekstrandlopers was oral te sien. Die water was nog baie hoog by die skuiling en ek is toe deur Abrahamskraal toe, waar ek weer 'n klompie Bergpatrysse op die grondpad daar gekry het. Daar was 'n paar Kopereende en verder die net die gewone watervoŽls. Ek is vandaaraf Geelbek toe en moes 'n bietjie wag vir die water om te sak. Daar was maar die gewone klompie watervoŽls. Ek het ook een of twee Krombekstrandlopers gesien wat baie donker was, wat ek maar aanneem die broeidrag sal wees. Dis die donkerste wat ek hulle al gesien het in die paar keer dat ek nou al Weskus Nationale Park toe gaan. Ek het ook 'n baie eienaardige Krombekstrandloper gesien met geel tone aan die een poot, wat glo nie 'n algemene verskynsel is nie. So 11uur se kant is ek Seeberg toe, waar ek my eerste Bosveldstompstert vir die Weskus Nationale Park gekry het, reg by die parkeer area van Seeberg-hide. Ek is toe weer terug na Geelbek hide toe met die stoot van die water vir 'n kort rukkie. Ek het taamlik baie roofvoŽls vanoggend gesien oppad Seeberg toe en het ook my beste foto sover gekry van 'n Kemphaan, maar ongelukkig niks raars gekry nie. Ek het ook darem 'n Steenbokkie gesien, maar was hopeloos te stadig met die kamera om 'n ordentlike foto te kry.

   

     
Bergpatrys WitkruismuisvoŽl Drietoonstrandloper
     
Kemphaan Groenpootruiter Kleinwulp
     
Bosveldstompstert Krombekstrandloper Krombekstrandloper
     
Krombekstrandloper Rooipootelsie RooiborsjakkalsvoŽl onvolwasse
     
Visarend Geelbekwou Blouvalk