28 Februarie 2009    
Brandfontein  
   
 

Na 'n rusterige Saterdagoggend by die huis voor my rekenaar, het ek net begin planne maak om te kyk of ek aanwysing kon bekom om Bochards Quary Sewage Works toe kan gaan om te gaan soek vir die Sabena's Gull, wat daar gesien is nie. Ek moes net eers winkel toe gaan en het sommer my kamera en baadjie ook ingepak. Net toe ek by Tygervalley Sentrum aankom, kry ek 'n oproep van David Hall om te vra of ek gehoor het van die nuus oor die Spagetti Penguin. Binne 'n kwessie van sekondes was al my goed gereel en was ek binne 30 minute by David se huis, waar ek vir Wendel du Buy ontmoet het en baie gelukkig was om 'n geleentheid saam te kry Brandfontein toe. Toevallig ken ek die strandjie baie goed in die dae toe ek nog klub vis gevang het van rots en strand af. Daar aangekom het ons vir Tersius Basson by die parkeer area ontmoet, wat ons meegedeel het dat die Pikkewyn nie daar is nie. Ek het nie Wendel se gesig gesien nie, maar David het agterna vertel van die terleurstelling wat op Wendel se gesig te lees was. Tersius het gese dat hy op die regterkant van die parkeer area gaan soek en dat ons hom moet laat weet as ons die pikkewyn sien. Ek en David het begin stap en ons het skaars begin stap of David pluk my amper van my voete af, amper so asof ek amper kaalvoet op 'n bloublasie sou trap, en wys my die Pikkewyn wat amper reg langs ons langs die rots staan. Die volgende paar oomblikke het die adrenalien behoorlik ingeskop en daar was 'n paar deurmekaar oomblikke waar ons nie geweet het of ons moet begin kyk en fotos neem en of ons vir Tersius moet terug roep nie. Na 'n paar vinnige sagte pogings om Tersius se aandag te trek het Tersius in sy spore omgeswaai en teruggehardloop. Hulle het reg verby die Pikkewyn geloop en hom nie gesien nie. Ek het al my goed net daar op die sand neergegooi en my kamera uit 'n half oop kamerasak uitgepluk en begin fotos neem. Dit was 'n baie spesiale oomblik om die Langkuif Pikkewyn te sien en om daar te wees toe Tersius vir ons van die verveerings tydperk van die pikkewyne vertel en sommer ook so bietjie meer oor die Pikkewyn vertel. Ek weet nie hoeveel fotos ek geneem het nie, maar dit was baie :-) Na 'n hele paar minute saam met die Pikkewyn is ons terug kar toe en het die stresvlakke begin bedaar. Ek is baie dankbaar vir 'n goeie vriend soos David, wat onmiddelik aan my gedink het, toe Wendel de Buy hom gekontak het, nadat Wendel Trevor se boodskap gekry het! Oppad terug huis toe het daar 'n hele klompie birders verby ons gejaag, oppad Brandfontein toe en dit was lekker om te weet dat ons klaar die Langkuif Pikkewyn gesien het. Ek het Melissa se tenniswedstryd Saterdagmiddag gemis en ek was in die skuld by haar! Ek kon darem opmaak vir my sondes en ek het vir Ursula en die kinders uitgevat vir ete. Hopelik sal die Langkuif Pikkewyn die naweek nog daar wees en sal ons hom dalk weer kan besoek!

   

     
Langkuifpikkewyn Langkuifpikkewyn Langkuifpikkewyn