8 Maart 2009    
Strandfontein  
   
 

Ek was vandag weer Strandfontein toe, met die hoop om dalk vandag die Geelkwikkie te kry, maar ek kon weereens nie die voŽltjie opspoor nie. Daar was heelwat sterretjies asook nege Kopereende op Pan2. Ek het ook heelwat Europese swaels gesien. Ek het ook heelwat fotos geneem van 'n onvolwasse Veereier, wat vir my net so bietjie anderste as normaalweg voorgekom het, maar dit kon niks anderste wees as 'n onvolwasse Veereier nie. Ek het ook 'n enkele Witrugeend gesien asook 'n enkele paar Bloubekeende. Daar was ook 'n hok op pan 3, wat seker maar opgerig is in 'n poging om die beseerde Kolgans, wat onlangs aangemeld is, te vang. Ek het darem weer 'n Kaapse Grysbok gesien op die duine agter Pan1. Ek kon ook vandag mooi hoor hoe die Reuse sterretjies klink, wat vir my die hoogtepunt van my dag was. Altyd lekker as daar iets nuuts was, al is dit net 'n nuwe klank :-)

   

     
Kolgans Grootwaterhoender - onvolwasse Gryskopmeeu - onvolwasse
     
Gransibis Groot Swartrugmeeu - onvolwasse SkoorsteenvieŽr
     
Swartrugmeeu Grootflamink Gewone Tarentaal
     
Geelbeksterretjie Gewone Sterretjie Grootsterretjie
     
Geelbekeend Bloubekeend Witpelikaan - onvolwasse
     
Bleshoender Witrugeend Kleindobbertjie - kuiken
     
Kaapse Slopeend - wyfie Bruineend - wyfie Kleindobbertjie
     
Grootkoningriethaan Rooipootelsie Grootwaterhoender
     
Hadeda Bontkiewiet Veereier - onvolwasse
     
Wilde Makou - onvolwasse Gewone Kwikkie Bloureier
     
Kopereend - wyfie en Mannetjie Europese Swael Reuse Sterretjie
     
Witborskraaie Rooibekeend Gewone Koester