9 Maart 2009    
Kenridge  
   
 

Ek het vanoggend om en by 7:40 my derde Kaalwangvalk in Durbanville gesien en uiteindelik daarin geslaag om 'n foto te kry. Die valk het net kom sit in een van die bome langs De Villiers Laan in Kenridge. Daar was net tyd vir 'n vinnige foto en toe verder om die kinders betyds by die skool te kry. Ongelukkig het die valk nie gebly vir 'n fotosessie nie en ek het dit heeltemal gemis in vlug, omdat ek op daardie oomblik 'n setting op die kamera verander het. Wel - Ek is net bly dat ek uiteindelik die foto gekry het al is nit nie regtig so skaars nie. Dis net lekkerder om die foto in Durbanville te kry eerder as in Hermanus, waar ek hulle ook al gesien het, maar ook nog net kon slaag om 'n onvolwasse voŽl af te neem.

   

     
Kaalwangvalk Kaalwangvalk Kaalwangvalk