14 Maart 2009    
Strandfontein  
   
 

Ek was vandag weer Strandfontein toe, nadat Trevor gister laat weet het van die Europese Oewerswaels wat hier opgemerk is. Ek het baie swaels gesien, maar kan nie met sekerheid sę of ek die Europese Oewerswaels gesien het nie. Ek sal dalk more weer gaan kyk, maar dit is 'n uitputtende taak om vir twee swaels te soek tussen 'n klomp ander. Dit sal 'n baie belonende taak wees as ek hulle sal kan opspoor en dan sal die moeilkste taak voorlę om 'n foto van een te kry. Die hoogtepunt vandag was 'n Grootkoningriethaan wat ek gesit en dophou het en iets baie interesants gesien het. Die Grootkoningriethaan het 'n klein vissie gevang. Ek kan nie verseker sę of dit 'n lewendige of dooie vissie was nie. Die interessante gedeellte is toe ek sien dat die Grootkoningriethaan die vissie vasvat met sy poot en dit uit sy poot eet. Ek het dikwels gesien hoe hulle hulle pote pik, maar altyd net gedink hulle maak hulle pote skoon of dat dit dalk vislyn of iets is wat aan hulle pote vassit en dit probeer afkry. Ek sal volgende keer nou weet dat dit dalk iets is wat hulle uit die poot eet.

   

     
Kaapse Fisant Hadeda Swartkopreier
     
Karoo Langstertjie Kaapse Rietsanger Kaapse Tiptol
     
Kaapse Wewer Gewone Koester - onvolwasse Grootkoningriethaan
     
Geelbekeend Kaapse Slopeend Rooipootelsie
     
Afrikaanse Oewerswael Europese Swael - onvolwasse Europese Swael
     
Grootkoningriethaan op die punt om vissie op te pik Grootkoningriethaan met vissie in Snawel Grootkoningriethaan hou vissie vas met sy poot