15 Maart 2009    
Strandfontein  
   
 

Ek en Mario is vanoggend saam Strandfontein toe om te kyk of ek vir hom so paar lifers kon kry. Dit was sy eerste keer by Strandfontein en hy het heelwat nuwe spesies gesien. Ons het 'n taamlik tydjie in die omgewing van Pan1 en 2 deurgebring. Daar was vandag weereens heelwat Europese Swaels asook so paar Europese Windswaels, maar daar was geen teken van die Europese Oewerswaels wat Vrydag hier opgemerk is nie. Ons is daarna by so paar van die ander panne aan en toe oppad terug na die uitgang van die reservaat het ons by 'n heining gestop en Europese swaels en Afrikaanse Oewerswaels afgeneem. Mario het heelwat nuwe spesies gesien, maar ongelukkig kan ek nie dieselfde sÍ nie, maar dalk volgende keer.

   

     
Waterdikkop Rooipootelsie Rooipootelsie - onvolwasse
     
Witpelikaan Grootflamink Bontelsie
     
Geelbeksterretjie Geelbeksterretjie Gewone Kwikkie
     
Europese Swael - mannetjie Europese Swael - wyfie Afrikaanse Oewerswael