21 Maart 2009    
Strandfontein  
   
 

Ek is vanoggend saam met David Hall Strandfontein toe vir 'n lekker ontspanne oggend se voŽls kyk, maar darem met die hoop dat ekdiť keer iets nuuts sou sien, nadat die afgelope paar keer dat ek soontoe is nie veel gelewer het nie. Dit het ons nie lank geneem om die Europese Oewerswael op te spoor nie. Nadat ons 'n paar keer mooi die Europese Oewerswael gesien het, het ons na John Graham toe gestap, wat so entjie van ons gestaan het. Nadat ons so paar keer mooi na die Europese Oewerswael gekyk het met die verkykers, het ek gekyk of ek ook 'n foto kon kry, nadat ek John se mooi foto gesien het. Na vele probeerslae het ek het 'n enkele foto gekry, waaroor ek baie bly is. Behalwe die Europese Oewerswael het ek ook my eerste Swartwindswaelgekry as 'n lifer. John Graham het ook bevestig dat dit wel Swartwindswaels was. Ek en David het toe vir die Fluiteende gaan soek, wat ook daar opgemerk is, maar ongelukkig kon ons hulle nie opspoor nie, maar ons het wel 'n paar Gevlekte Eende op P1 gesien. Wel, soos ek altyd sÍ, 'n Mens moet so paar lifers oor los vir 'n volgende keer ook :-) David was ook bly oor sy Europese Oewerswael, wat vir hom 'n Western Cape Lifer beteken het. Dis definitief altyd lekkerder om terug te keer huistoe met 'n lifer in die sak :-)

   

     
Witkruiswindswael Europese oewerswael Swartwindswael
     
Gewone Koester met 'n vermoedelike kunsvlieg visaas, wat aan sy snawel wassit. Geelbeksterretjie Grootflamink
     
Bontkiewiet Hadeda SlanghalsvoŽl