4 April 2009    
Strandfontein  
   
 

Ek en David Hall is vanoggend weer Strandfontein toe. Ons het gaan kyk of ons die Fluiteende kon opspoor, wat die afgelope paar weke daar gesien is. Ons kon vanoggend darem 'n paar Gevlekte Eende in die kanaal, langs die ingangspad kry, maar daar was geen teken van 'n Fluiteend nie. Ons het toe 'n draai by 'n paar van die panne gemaak en is toe net so voor 12:00 weer terug na die pan langs die ingangspad. Na 'n ruk van oŽ inspan, omdat ons nie 'n spotting-scope by ons gehad het nie, het David die figure van twee Fluiteende op die oorkantste oewer raakgesien. Ek het gekyk en gekyk, maar wou eers 'n bietjie nader gaan, omdat dit my eerste keer was dat ek Fluiteende gesien het en die eende eers van nader af wou sien en hopenlik 'n foto ook kry. Ons het toe so 100m gestap met die sandbank langs, tussen die kanaal die en die pan en die Teeleende, wat voor ons op die sandbank se oewer gesit het, het van die sandbank na die middel van die pan gevlieg. Die twee Fluiteende het ook uit hulle skuilplek opgevlieg en na die middel van die pan geswem. Gelukkig was die son agter die wolke op daardie stadium en kon ons hulle mooi sien, al was dit op 'n taamlike afstand en kon ek een of twee herkenbare fotos ook neem, voor die son weer agter die wolke uitgekom het. Daar was vandag weer heelwat Landery Klopkloppies om verskeie van die panne gewees asook 'n paar Bloubekeende op die Pan langs die ingangspad, waar ons die Fluiteende gesien het. Daar was ook 'n Kopereend mannetjie op pan2. Wel, weereens was dit met 'n huppel in ons stap wat ek en David terug gekeer het huistoe, dansy David se geoefende oŽ is ek 'n vol Lifer ryker en het David 'n Wekaap Lifer bygekry :-)

   

     
Grootwaterhoender Kaapse Rietsanger Bontkiewiet
     
Vleitinktinkie Bontelsie Kopereend
     
Swartkopreier Landeryklopkloppie Hadeda
     
Afrikaanse Vleivalk Witborskraai Afrikaanse Vleivalk
     
Fluiteende Fluiteende Fluiteende