26-27 April 2009    
Weskus Nationale Park  
   
 

Ek , Ursula, Melissa en Makayla is die naweek Yzerfontein toe en ek het van die geleentheid gebruik gemaak om te gaan kyk hoe die nuwe voŽlskuiling by Abrahamskraal lyk. Ons het Saterdagmiddag deurgery Yzerfontein en ek is sommer dadelik deur na Abrahamskraal toe in die Weskus Nationale park. Die skuiling se nette is nog nie op nie en ek het maar met 'n wye draai gestap en vinning by die skuiling se deur ingeglip. Dis was nie lank nie of 'n klompie keelkanaries het kom water drink. Daar was die gewone watervoŽls en ek kon vir die eerste keer die voŽls hier dophou van die weste kant van die dam, sonder om hulle te steur. Dit sal seker nou een van die maklikste plekke wees om 'n Swartriethaan te sien en mooi fotos te kry. Ek is Sondag oggend vroeg weer soontoe om te kyk of ek die Grootriethaan kon sien wat onlangs daar opgemerk is. Ek het die Grootriethaan maklik Sondagoggend gekry en kort daarna is ek deur na Geelbek, waar die water aan die sak was. By Geelbek het ek 'n onbekende strandloper gesien in volle broeidrag, wat nou na vele menings lyk soos 'n Drietoonstrandloper in volle broeidrag. Dis baie ongewoon om die Drietoonstrandloper so ver suid te sien in volle boeidrag en veroorsaak verwarring met die identifikasie. Ek het ook 'n stuk of ses Grootwulp by Geelbek gesien. Ek het 'n hele klompie Kaapse KapokvoŽls voor Geelbekskuiling by die Bloekombome gekry. DIt is altyd lekker as ek hulle sien en ek het 'n tydjie by hulle spandeer voor ek weer terug is Yzerfontein toe om die res van die dag met die familie te spandeer. Ek 'n vandag ook 'n Steenbokkie by die Abrahamskraal afdraai gekry asook 'n Eland op die Abrahamskraalpad. Dis nou die tweede keer dat ek 'n Steenbokkie op dieselfde plek kry en dit mag dalk dieselfde bokkie wees wat ek die vorige keer daar gesien het.

   

     
Bleshoender Kopereende Swartriethaan
     
SkoorsteenvieŽr Grootriethaan Kaapse Rietsanger
     
Drietoonstrandloper in broeidrag Drietoonstrandloper in broeidrag Drietoonstrandloper
     
Krombekstrandloper Groenpootruiter Steenloper
     
Kaapse KapokvoŽl Kaapse KapokvoŽl Kaapse KapokvoŽl
     
Bokmakierie Kleinwulp Grootwulp
     
Volstruis Steenbok Eland