9 Mei 2009    
Piketberg/Weskus Nationale Park  
   
 

Ek ,Ursula, Melissa en Makayla is vanoggend vroeg uit die vere om Melissa se netbalwedstryd in Piketberg te gaan bywoon. Dit het my die geleentheid gebied om sommer 'n draai in die nabygelee bergpas af te lÍ. Daar was oral proteabome en ek het gehoop om 'n Swartvlerkkanarie hier te sien, maar kon nie een te siene kry nie. Ek het weer 'n Klipspringer gesien, wat darem daarvoor opgemaak het, asook 'n Kaapse Bosbontrokkie en Slangverklikker en Dassies. Die ander voŽls was op 'n afstand en my uur het vinnig uitgehardloop. Na my vinnige besoek aan die bergpas is ek weer terug na die netbal om Melissa se netbalwedstryd te gaan kyk. Na die netbal is ons met 'n groot ompad via 'n lang grondpad via Darling na die Weskus Nationale park om vroeŽ Moedersdag middag-ete. Na middagete by Geelbek is ons Tsaarbank toe om daar langs die see te gaan stap. Op die strand was die gewone Vaalstrandkiewiet, Swartrugmeeu, Swart Tobies en oppad terug motor toe sien ek toe my verrassing vir die dag. 'n Brilpikkewyn wat kos soek in die branderjies en skuim naby die rotse. Dis my eerste Kaapse Brilpikkewyn vir die Weskus Natuur reservaat. Daarna is ons terug hek se kant toe, maar oppad terug het ons eers gestop om 'n klompie Kaapse KappokvoŽls dop te hou asook 'n Steenbok wat ons gestaan en dophou het. Ons het ook 'n onvolwasse RooiborsjakkalsvoŽl gesien wat teen 'n duin gesit en wag het vir prooi om te roer. Ons is hierna terug huistoe, sodat ek kon gaan pak vir my Kenya-trippie more oggend 5uur.

 

     
Kaapse Bosbontrookkie Slangverklikker Blouvalk
     
Bontkiewiet Kaapse Fisant Kwikstertjie
     
Vaalstrandkiewiet Brilpikkewyn Swarttobie
     
Kuifkopduiker Gewone Bontrokkie Gewone mossie wyfie
     
RooiborsjakkalsvoŽl semi-volwasse Kaapse KapokvoŽl Kransvalk
     
Klipspringer Steenbok Dassie