17 Mei 2009    
Kaappunt  
   
 

Ek het gister teruggekeer van Kenya af en dit was so hittete of die vliegtuig kon nie land nie as gevolg van die gure weer. Ek en Makayla is vanoggend deur Kaappunt toe om te kyk of ons 'n Wit Malgas kon sien, na die klomp koue fronte wat die Kaap gister geteister het. Daar was heelwat voŽls wat aktief oor die diepsee gevlieg het en uiteindelik het ek my eerste Wit Malgas gesien. Daarna kon ons elke nou en dan die kenmerkende vlerke en kop uitmaak van nog malgasse, wat almal maar taamlik vÍr van die strand oor die water gevlieg het. Ek het selfs 'n paar fotos gekry, alhoewel nie goed nie, maar definitief herkenbaar. Daar was een groot voŽl wat oor vÍr oor die see gevlieg het wat ek afgeneem het en wat ek glo 'n Albatros kon wees, maar die foto was maar swak. Oppad terug kon ons stop om 'n paar Kaapse bobbejane dop te hou. Daarna is ons huistoe, waar 'n pot warm sop op ons gewag het.

   

     
Rooivlerkspreeu - wyfie Gewone Janfrederik Rooivlerkspreeu - mannetjie
     
Geelbeksterretjie Witborsduiker Kleinwitreier
     
Witmalgas Swartrugmeeu - semi-volwasse Geelbeksterretjie
     
Geelbeksterretjie Bloubekalbatros Kaapse Bobbejaan