24 Mei 2009    
Hemel en Aarde  
   
 

Ons was die naweek Hermanus toe en vandaaraf is ons Bredasdorp toe. Ek het nie tyd om voëls te kyk Saterdag nie en Sondag oggend laat het ek alleen vir so 'n uur of twee in die Hemel en Aarde grondpaaie gaan rondry. My eerste voëltjie vir die dag was iets wat nie vir my bekend gelyk het nie. Ek het eers die Suikerbekkie bietjie dopgehou met my verkyker en toe het ek gekyk of ek dit kon afneem, want dit was 'n hele entjie weg van my. Toe ek by die huis kom het ek my boeke deur gekyk om te kyk wat dit kon wees. Dit is my eerste Swartsuikerbekkie en 'n was 'n aangename verrassing om 'n lifer te kry op 'n plek waar ek al so baie gaan voëls kyk het. Daar was ook heelwat tiptolle asook 'n Geelkanarie en verder die gewone klompie voëls, waaronder daar ook 'n paar taamlik mak Bokmakierie was, wat altyd gesorg het dat daar 'n bossie tussen hom en my was. Daar was ook 'n klompie Rooibeksysies en die gewone Karoolangstertjies.

   

     
Swartsuikerbekkie Swartsuikerbekkie Jangroentjie
     
Bokmakierie Gevlektemuisvoël Rooibeksysie
     
Gewone janfrederik Karoolangstertjie Fiskaal Vlieëvanger
     
Kaapse Tiptol Rooiborsduifie Geelkanarie