28 Junie 2009    
Durbanville  
   
 

Dit was mooi weer gister en vandag weer, maar ek het dinge by die huis gehad wat my besig gehou het, maar laat vanoogend het ek 'n vinnige draai gaan ry. Ek het skaars by die woonbuurt uitgery of my oog vang 'n Geelbek Witreier op 'n afstand. Ek het so paar kilometer aan gery en by nog 'n poel water gestop waar 'n Swartkopreier en twee Lepelaars gestaan het. Die velde is oortrek met klein blommetjies en sommige bossies was al pers van die blommetjies. Die voëls is baie meer hoorbaar as so paar weke terug en dis duidelik dat die broeiseisoen nie meer vêr is nie. By 'n plaas naby Durbanville het 'n enkele Afrikaanse oewerswael so paar keer naby my verbygevlieg en toe verdwyn. Daar was ook die gewone Rooibokjakkalsvoëls en Blouvalkies, Bokmakierie, Geelkanaries, Suidelike Waterfiskaal en Grysrugtinktinkies en Gewone Janfrederik hoorbaar.Ek het so entjie in 'n veld gaan stap en 'n enkele kans gekry om die Afrikaanse Oewerswael af te neem en is toe weer terug huistoe. Dit was lekker om weer 'n Geelbekwitreier te sien en om die Lepelaars dop te hou, maar ek moes 'n draai by die winkel gaan maak het en die tyd het my al weer ingehaal.

   

     
Geelbekwitreier Vleitinktinkie Lepelaar
     
Swartkopreier Gewone Kwikkie Bontkiewiet
     
Wildemakou Gewone Bontrokkie mannetjie Gewone Bontrokkie wyfie
     
Fiskaal Vlieëvanger Gewone Koester Gewone Koester
     
Veereier Afrikaanse Oewerswael Gewone Tarentaal