2 Julie 2009    
Durbanville  
   
 

Ek het vanoggend, net voor ek werk toe is teruggehardloop van my kar af in die huis in om my kamerasak te gaan haal, want ek het ook nou al gesien dat jy enige dag iets interessants kan sien, veral in die oggend of in die aande. Oppad werk toe sien ek toe ook vanoggend, letterlik in die middel van Durbanville se middedorp in Wellingtonweg my eerste Swerfvalk vir die winter, besig om sy vangs te verorber. Ek het vinnige 'n U-draai gemaak in en my kamera uitgepluk en 'n paar fotos geneem. Ongelukkig was die son nog nie behoorlik uit nie , so die fotos is nie fantasties nie, maar ek is heel gelukkig met 'n foto vir my rekords.

   

     
Swerfvalk Swerfvalk Swerfvalk