4 Julie 2009    
Darling-Hills - Weskus-Nationale Park  
   
 

Dit was 'n heerlike warm oggend en ek het ons tuin se voŽlbad op getop met water. Nadat ek die eerste Swartkeelgeelwewer sit en dophou het ek besluit dat dit te lekker dag gaan wees om by die huis te sit en my kamera gegryp en in die kar gespring. Ek het Darling toe gery en oppad soontoe besluit om die Darling-Hills grondpad weer te ry gaan ry vir 'n slag. Dit het gevoel soos 'n Lentedag en ek vermoed dat die Lente die jaar so bietjie vroeŽr op ons gaan wees in die sin van blomme. Die bossies is oral klaar in blom en die Wewers en mossies is klaar druk besig met nes bou. By Mambre het ek 'n duinduif langs die pad gekry. Op die Darling-Hills grondpad het ek Lelspreeus en Kaapse suikervoŽl mannetjie en wyfie gesien en ook 'n Bontebok afgeneem. Toe ek by die Weskuspad aankom het ek besluit om gou die paar ekstra kilometer te ry en te gaan kyk wat by die Weskus Nationale park te sienne is. Dit was al klaar redelik laat en ek het so 3uur se kant by Geelbek gestop. Ek het geen idee gehad wat die getye was nie. Dit was hoogwater, maar ek is aangenaam verras met Grootflamink en Kleinflaminke reg voor die Geelbeks Hide. Daar was net 'n klompie Witpelikane op die water voor die Hide en die water was hopeloos te hoog. Ek het toe sommer net daar in die direkte omgewing wan Geelbek rondgery. Ek is seker ek het 'n Grootrooibandsuikerbekkie daar gesien, maar ek het gesukkel om hom af te neem. Ek het oppad uit die reservaat weer Steenbokkies gesien en 'n besondere mak ooi wat lyk asof sy dragtig kan wees gesien. Oppad hek toe het ek my eerste foto van 'n Rooikat gekry. Ek het 'n veilige skoot deur die voorruit gevat en ook maar goed so want net daarna het die Rooikat tussen die bossies verdwyn. SO kilometer verder sien ek toe werklik waar nog 'n Rooikat op die anderkant van die pad, maar die tweede een het gehardloop toe dit die kar gewaar en ek moes maar toekyk hoe die slangverklikkers sy posisie tussen die bossies verklik soos hy verder en verder tuseen die bosse ingestap het. Wel, die Rooikat is definitief die hoogtepunt van die dag gewees. Ek is nie seker hoe algemeen die Kaapse SuikervoŽls in die Darling omgewing is nie. Ek sal ook net moet seker maak watter soort Spekvreter ek op die Darling-Hills pad gesien het vandag. Dit was ook lekker om Kleinflaminke in die Weskus Nationale park te kon sien. Dit was vir my 'n Weskus Nationale park lifer. Ek sal moet teruggaan om te kyk of dit regtig 'n Grootrooibandsuikerbekkie was wat ek in die reservaat gesien het. Ek is bly ek het nie vandag by die huis gesit en kyk hoe die Bokke droogmaak teen die Leeus nie. Die uitstappie was definitief die moeite werd gewees en die Steenbokkies en Bontebok was definief vandag beter om na te kyk as die Springbokke.

   

     
Tuinduif Gewone Kwikkie Fiskaal Laksman
     
Gewone Bontrokkie Jangroentjie wyfie Kransvalk
     
Swartkopreier semi-volwasse Gewone Janfrederik Witpelikaan
     
Witgatspreeu Bokmakierie HoŽveldse Skaapwagter
     
Fiskaal VlieŽvanger Rooiborsduif Rooikoplewerik
     
Swartkeelgeelvink wyfie Kaapse Patrys Kaapse Wewer mannetjie
     
Geelkanarie Gewone Spekvreter Lelspreeu
     
Geelborsstrandkiewiet Vleitinktinkie Kleinflamink
     
Grootswartrugmeeu Blouvalk Grootflamink
     
WitkruismuisvoŽl Bonthoutkapper Slangverklikker
     
Kaapse SuikervoŽl Kleinrooibandsuikerbekkie Karoolangstertjie
     
Bontebok ram Steenbok ooi Rooikat