5 Julie 2009    
Weskus-Nationale Park  
   
 

Ek is vandag weer Weskus toe, maar het weer hopeloos te laat na my sin by die huis weggekom. Ek was weer nie betyds vir die gety by Geelbek nie en na 'n vinnige paar fotos van 'n paar Bontelsies voor die Geelbek hide en in die omgewing van Geelbek is ek Seeberg toe om te kyk wat daar te sien was met die hooggety. Daar aangekom het ek 'n hele klompie Flaminke voor die Seeberg hide gesien. Ek het ook vir Binks MacKenzie in die Geelbek hide ontmoet, wat die Klein Flaminke klaar getel het en by 'n totaal van 200 uitgekom het. Die enigste soogdier wat ek vandag gesien het was 'n Gestreepte muis. Daar was heelwat skilpaaie aktief op die lekker warm Wintersdag. My persoonlike hoogtepunt van die dag was om te sien hoe 'n Kransvalk 'n Blouvalk aangeval het. Die Kransvalk het die Blouvalk gemaklik met 'n spoed van after af ingehaal. Die Kransvalk se spoed het my verstom. Dit was ook weer lekker om te sien hoe 'n klompie Witborskraaie op hulle moses gekry het toe twee blouvalke hulle geduikbom het.

   

     
Slangverklikker Swartkopreier Geelborsstrandkiewiet
     
Witkeelkanarie Teeleend Kransvalk
     
WitkruismuisvoŽl Witkruisvleivalk Bokmakierie
     
Kleinrooibandsuikerbekkie Rooipootelsie Blouvalk
     
Geelkanarie Grootswartrugmeeu Bontelsie
     
Kleinwitreier Witborsstrandkiewiet Kopereend wyfie
     
Swarttobie Afrikaanse Vleivalk Witborsduiker
     
Driebandstrandkiewiet Grootswartrugmeeu semivolwasse Grysrugtinktinkie
     
Grootflamink Kleinflamink Gestreepte Veldmuis