click tracking
10 Julie 2009    
Weskus-Nationale Park  
   
 

Dit was my 40ste verjaardag vandag en ek en Ursula het besluit om 'n langnaweek daarvan te maak en Vrydag en Maandag af te vat voor my trip Duitsland toe, wat Dinsdag is. Ons het oggendete by 'n padrestaurant gaan eet en is toe vir die dag Weskus toe om die koue fronte wat vir die Kaap voorspel is te probeer vryspring. Daar was byna geen reën oor die loop van die middag nie en ek wil glo dat dit die regte beluit was :-) By die Weskus Nationale Park aangekom het Ursula my by die Geelbek hide afgelaai, terwyl sy en die kinders solank 'n koffie by die restaurant gaan drink het. Die getye was nog redelik laag en daar was relatief min voëls te sien, behalwe 'n klompie Flaminke. Na so rukkie se sit het ek 'n Gevlekte Ooruil gehoor. Na so rukkie het 'n enkele ruiter so ent weg van die hide kom sit en toe ek sy geel bene opmerk het ek my kamera gegryp. Die bene is darrem net te geel vir 'n Groenpootruiter. Ek sal die opskrif "Grootgeelpootruiter" moet verander as ek verkeerd is. Ek het ook 'n Meitjie naby Geelbek gehoor. Na middagete by die Geelbek restaurant is ons Seeberg toe waar ons toe 'n Swartvlekkorhaan mannetjie en wyfie gesien het. Ons het net rondgery en was nie na die hide toe nie. Ons is toe terug Kaap toe om my verjaardag saam met Mario te gaan geniet, want hy is ook mos 40 vandag :-)

   

     
Europese Spreeu Bleshoender Bloureier
     
Kolgans Suidelike Rooivink Kaapse Wewer
     
Skoorsteenvieër Kleinflamink Grootflamink
     
Geelborsstrandkiewiet Groenpootruiter Bandstertgriet
     
Rooipootelsie Fiskaal Vlieëvanger Fiskaal Laksman
     
Witkruismuisvoël Swartvlerkkorhaan wyfie Swartvlerkkorhaan mannetjie
     
Slangverklikker Gryskopmeeu Kransvalk