26 Julie 2009    
Paarl  
   
 

Ek en Makayla is vanmiddag laat gou Paarl toe, voor die naweek heeltemal verby is. Ek het gehoop om die Gevlekte eende nog daar te kry en vir haar te wys. Ons is reguit na die hide toe en gelukkig was daar twee Gevlekte eende. Ons het ook Waterdikoppe en Bruineende gekry en so bietjie afgeneem en toe sien ons nog 'n paar Gevlekte eende met die son perfek op hulle en kon ek vir die eerste keer die eendjies afneem sonder om die son reg van voor te kry. Ons is is hierna huistoe. Die hoogte punt was ongetwyfeld die fotos wat ek gekry het van die tweede paar Gevlekte Eende.

   

     
Kaapse Slopeend Geelbekeend Teeleend
     
Vleitinktinkie ?Kaapse Vleisanger? Kaapse Rietsanger
     
Suidelike Rooivink Waterdikkop Kleindobbertjie
     
Gryskopmeeu Bruineend wyfie Bruineend mannetjie
     
Gevlekte eend Gevlekte eend Gevlekte eend