2 Augustus 2009    
Albertinia  
   
 

Ek, Ursula en die kinders was vir die naweek Albertinia toe vir 'n familie byeenkoms. Na Vrydag se reŽnweer het ons gedink dat ons die naweek sopnat sou reŽn, maar Saterdag was 'n lekker sonskyndag met net hier en daar 'n wolkie in die lug. Vanoggend het ons lekker laat geslaap na 'n lekker braai en 'n gekuier tot laat. Ons is weer terug plaas toe vanoggend, omdat ons in die dorp in 'n hotel gebly het. Daar aangekom, het ek vir oulaas met almal gesÍls en toe 'n entjie gaan stap op die plaas, voor ons ry en om die kinders ook so laaste kansie te gee om met al die nefies en niggies te speel. Ek het heelwat voŽls gesien in die kort tydjie wat ek gestap het en sommer so paar nuwelinge ook. Ek het my eerste Witpenswindswael vir die nuwe seisoen gesien. Ek weet nie of hulle net baie vroeg is nie en of hulle in die omgewing was nie. Dit was 'n klein groepie van so vyf windwaels en hulle was in 'n Suid-Westelike rigting oppad, sonder om te lank te draai. Ek het ook my eerste Streepkopkanaries op die plaas gekry, alhoewel ek bewus is dat hulle nog altyd hier voorkom. Daar was sommer heelwat Streepkopkanaries. Ek het ook 'n enkele klein "Red-sided Skink" gesien en afgeneem. Oppad terug huistoe vanmiddag het ons nie minder as ses Bleeksingvalke in 'n strek van een kilometer op telefoonpale langs die pad gekry, naby Robertson wynkelders. Die hoogtepunt van die naweek was ongetwyfeld die weer wat so mooi gebly het en die lekker kuiertjie Saterdagaand. Ek was ook ietwat verbaas oor die paar Witpenswindswaels en dit was ook lekker om die klomp Bleeksingvalke in die Robertson omgewing te sien.

   

     
Grootrooibandsuikerbekkie Rooiborsduifie Kransduif
     
Europese Spreeu Witpenswindswael Mikstertbyevanger
     
Kaapse Kanarie Fiskaal Laksman Dikbekkanarie mannetjie
     
Oranjeborssuikerbekkie mannetjie Kaapse Tiptol Karoo Langstertjie
     
Oranjeborssuikerbekkie wyfie Kaapse Kliplyster Streepkopkanarie
     
Gewone Janfrederik Bleeksingvalk naby Robertson "Red-sided Skink"