8 Augustus 2009    
Paternoster  
   
 

Ek, Melissa en Makayla het vanoggend vroeg 'n draai by Paternoster gaan maak, met die hoop om ons lifelist op te stoot. Ons al drie het nog 'n Grysbosrsterretjie nodig gehad en ek het gehoop om iets spesiaals te sien saam met die Grysborssterretjies by die Kaap Columbine Natuur reservaat. Ons het 'n onvolwasse Geelbeksterretjie, onvolwasse Grysbosrssterretjie asook 'n onvolwasse Kelpmeeu gesien, wat my eers so bietjie aan die raai gehad het. Ons is vandaar Elandsbaai toe en oppad soontoe sien ons toe 'n onvolwasse Bleeksingvalk, wat my weer so bietjjie aan die raai gehad het. Oppad Elandsbaai toe het ons langs die pad gestop en 'n paar yslike groot "Karoo Girdled Lizards" gesien, waaroor ek nog sekerheid moet kry. By die koppie langs die Elandsbaai hawe het ons 'n Witkruisarend gesien asook 'n Dwergarend. Ons is toe na die Sterrejie "roost" toe, waar ons niks nuuts gesien het, behalwe 'n klompie Geelbeksterretjies en Gewone Sterretjies nie. Ons het ook 'n "Southern Right Whale" in die Elandsbaai gesien, wat Trevor vir my nou bevestig het, wat ook 'n soogdier lifer is. Die hoogtepunt van my dag was my 250ste Weskaapse lifer, toe ons toe wel die Grysborssterretjies gesien het by Kaap Columbine Natuur reservaat. Ons het ook vandag die eerste Kleinwindswaels vir die nuwe seisoen gesien, toe ons 'n klein groepie van die windswaels in Paternoster gesien het. Dis was ongetwyfeld ook die grootste "Girdled Lizards" wat ek al gesien het. Ons is laat middag terug huistoe, terwyl die Springbokke die Aussies pak gegee het, wat die rit heelwat korter laat voel het.

   

     
Kaapse Fisant Rooivlerkstreepkoppie Witkruisvleivalk
     
Kolgans Rooisteenloper Kelpmeeu (semi-volwasse)
     
Grysborssterretjie - onvolwasse Grysbosrssterretjie Hartlaubse meeu
     
Geelbeksterretjie (onvolwasse) Geelbeksterretjie Geelbeksterretjie
     
Bleeksingvalk - semivolwasse Kleinwindswael Bontvisvanger
     
Witbosrkraai Swarttobie Gewone Sterretjie
     
Kuifkopduiker Witborsduiker Trekduiker
     
Kuifkopdobbertjie Driebandstrandkiewiet Rooipootelsie
     
Kransvalk Blouvalk Witpelikaan
     
Witkruisvleivalk Bleeksingvalk (semivolwasse) Dwergarend
     
Steenbok "Karoo Girdled Lizard" "Southern Right Whale"