9-10 Augustus 2009    
Wolvengat - Overberg  
   
Makayla en Melissa saam met Oupa
 

Ek, Ursula en die kinders is Sondagmiddag deur plaas toe om vir my Pa en Tannie Corra te gaan kuier. Ons het die Caledon - Bredasdorp pad gery en vandaaraf met die Elim afdraai na Bredasdorp na Viljoenshof of Wolvengat, soos dit ook bekend staan, gery. Ons het darem 'n semi-volwasse RooiborsjakkalsvoŽl langs die pad gekry, wat dadelik my aandag getrek het, omdat dit so lig van kleur was. Oppad soontoe het dit begin laat word en het ek begin kriewelrig raak dat ek geen voŽls gaan afneem, voor die son sak nie. Ek het toe vinnig by a dammetjie gestop, waar ek 'n Gewone Koester gesien het, wat vir my op daardie stadium net soos 'n lewerik gelyk het, omdat dit na 'n kort voŽltjie gelyk het, maar toe ek na dit by die huis op die rekenaarskerm kyk, lyk dit soos 'n Gewone Koester. Ons het lekker Sondagaand gekuier en die aand daar oorgeslaap en danksy Maandag, wat 'n vakansiedag was, kon ek 'n draai in die veld gaan stap. My Pa het my vertel dat hy vroeŽr die week op die bokant van 'n koppie bossies geslaan het en dat daar naguile opgevlieg het. Ek het net voor middagete teen 'n koppie uitgestap en halfpad teen die koppie op het ek 'n geroep gehoor wat net soos paddas geklink het maar ook soos die van 'n voŽl. Sodra ek nader gestap het het die geroep opgehou. Ek het op 'n stadium 'n Bloukopkoggelmander dopgehou en klippies omgedop en toe kry ek 'n "Olive green House snake", wat toe onder'n bossie inseil toe dit my gewaar. Ek het om die bossie gehardloop om die slang op die ander kant te sien en met diť vlieg daar toe 'n Naguil op. Na 'n paar keer se opjaag kry ek darem 'n foto. Gelukkig het een van die fotos wat ek geneem het van die naguil in vlug genoeg wit in die vlerk gewys om te bevestig dat dit wel sonder twyfel 'n Rooiwangnaguil is. Die geroep wat ek gehoor het was toe al die tyd die roep van die Rooiwangnaguiltjies. Oppad terug plaashuis toe, sien ek ook my eerste paar Overberglewerikke op die plaas. Ek sal graag spoedig weer wil teruggaan plaas toe om te kyk of ek beter fotos kan kry van die Rooiwangnaguil. Die Rooiwangnaguil was toe ook my tweede lifer vir die langnaweek - Nie sleg vir 'n langnaweek nie :-) Tannie Corra het lekker bederf met die kos en ons gaan hulle definitief lekker bederf, wanneer hulle kom kuier!

   

     
RooiborsjakkalsvoŽl RooiborsjakkalsvoŽl - semivolwasse Bontkiewiet
     
RooiborsjakkalsvoŽl RooiborsjakkalsvoŽl - semivolwasse Driebandstrandkiewiet
     
Gewone Koester Gewone Kwikkie Overberlewerik
     
Kaapse Slopeend mannetjie Suidelike Waterfiskaal Fiskaal VlieŽvanger
     
Kaapse Slopeend wyfie Geelbekeend Bloureier
     
Afrikaanse Oewerswael Rooiwangnaguil Southern Rock Agama