15 Augustus 2009    
Dangerpoint-Kleinbaai - Overberg  
   
 

Ek het vanoggend vroeg van Hermanus af na Dangerpoint toe gery, nadat ek Ursula en die kinders gisteraand Hermanus toe is. Alhoewel ek niks skaars gekry het nie, was die trippie nog steeds interessant met 'n klompie voŽls wat ek reg langs die see gesien het, wat ek nie normaalweg daar sou verwag nie. Ongelukkig was die Dangerpoint vuurtoring se hekke oor die naweek gesluit, wat my uitstappie soontoe so bietjie in die wiele gery het. Dit het deur die loop van die oggend lig gereŽn. Ek het onder andere'n Hartlaubmeeu met 'n wit oog gesien. Ek het ook 'n Olyflyster, Kaapse Tiptol en Gewone Janfrederik gesien wat tussen die bamboes kos gesoek het. Ek is laatoggend weer terug Hermanus toe, maar oppad Hermanus toe het ek eers by die Fernkloof Natuur reservaat aangegaan, waar ek vir 'n rukkie lank 'n Gewone Willie probeer afneem het en 'n paar Kaapse SuikervoŽls van nader dopgehou het. Ek het tot my spyt my "tripod" in sy drasak daar op een van die paadtjies vergeet, wat natuurlik 'n groot terleurstelling vir may was. Ons vanaand by ouboet Johann gaan braai en lekker gekuier en sommer oorgeslaap, wat my dag op 'n meer rustiger noot af te sluit het. Ek sal maar deur die week moet bel en kyk of iemand wat eerlik genoeg was my tripod sak opgetel het en dit dalk ingegee het.

   

     
Kelpmeeu Geelbeksterretjie Hartlaubmeeu (hybrid)
     
Kuifkopduiker Trekduiker Witborsduiker
     
Swarttobie Kleinwitreier Fiskaal VlieŽvanger
     
Kaapse Tiptol Gewone Kwikkie Olyflyster
     
Kaapse SuikervoŽl wyfie Kaapse SuikervoŽl mannetjie Oranjeborssuikerbekkie