16 Augustus 2009    
Gansbaai en Kleinbaai- Overberg  
   
 

Ek en Johann het vanoggend vroeg weer 'n draai naby Kleinbaai gaan maak. Ons kon nie ons oŽ glo, toe ons vanoggend dieselfde Leukistiese Fiskaal VlieŽvanger sien, wat ons so drie jaar terug, op dieselfde plek gesien het nie. Diť einste voŽltjie was die rede dat ek, en ek is seker Johann ook, begin voŽls kyk het, nadat ons in 2006 die einste Leukistiese Fiskaal VlieŽvanger gesien het en nie die voŽl kon identifiseer nie. Ek het die fotos begin aanstuur vir mense wat voŽls kyk en uiteindelik het dit by Trevor Hardaker uitgekom, wat dit toe positief kon uitken vir ons. My passie vir voŽlkyk het met diť voŽltjie begin en daardie passie het net gegroei en gegroei en ek dinkl as diť gogga jou gebyt het los hy jou nie sommer weer nie. Die oggend het hierna net beter geraak en met ons volgende stop het ek 'n Gewone Willie, Gryskopmossie en 'n Knysnaspeg(wat'n lifer is vir my!) op dieselfde Telefoonnpaal gesien en dit in 'n kwessie van 3 minute uit mekaar! Een minuut hierna het ons ook 'n Bandkeelkleinjantjie gesien. Ek het weer 'n paar ongewone voŽls, net soos gister, reg langs die see gesien, onder andere 'n Driebandstrandkiewiet asook 'n Hadeda! Ons het hierna so paar nuwe paadjies gery so bietjie verder weg van die kus af... Die nuwe paadjie het vinnig 'n paar interresanthede opgelewer, toe ons 'n Swartsperwer sien, wat hoog bo ons gesweef het. Ek het kort hierna 'n Weskaap-lifer bygekry in die vorm van 'n Bruinkopvisvanger. Oppad terug huistoe het ons 'n Swartsuikerbekkie gesien, waarvan ons nie 'n foto van kon kry nie, asook die eerste Witkeelswael vir die nuwe seisoen, asook 'n hele klompie Witpenswindswaels wat ook gearriveer het. Ons is hierna vir 'n baie laat oggendete terug huistoe, na 'n baie opwindende oggend-uitstappie.

   

     
Gedeeltelik leukistiese Fiskaal VlieŽvanger Vaalstrandkiewiet Driebandstrandkiewiet
     
Bloureier Kleinwitreier Swartkopduiker
     
Dikbekkanaraie Geelkanaraie Bokmakierie
     
Hadeda Dikkop Gewone Janfrederik
     
Gryskopmossie Knysnaspeg Gewone Willie
     
Bandkeelkleinjantjie Knysnaspeg Witkeelswael
     
Kaapse Wewer Kleinrooibandsuikerbekkie Kaapse Fisant
     
Jangroentjie Bruinkopvisvanger Kaapse Bosbontrokkie
     
Witpenswindswael GrasvoŽl Kroonkiewiet
     
Kaapse Tiptol Gewone Janfrederik Swartsperwer