4 September 2009    
Weskus Nationale Park  
   
 

Ek het vanoggend na 9uur by 'n baie mistige Weskus Nationale Park aangekom. Ek is eers na die Geelbekskuiling toe en is vandaar na die Seeberg skuiling toe. By Geelbek het ek 'n Grootwulp gesien, maar daar was nie baie ander watervoŽls nie. Ek mag myself net dalk verbeel, maar dit wil voorkom dat die modder voor die Geelbek skuiling besig is om toe te groei met die kort watergras. Ek het besluit om eerder by Seeberg skuiling 'n draai te gaan maak. Dit was definief die regte besluit, want ek het 'n Mongoolse Strandkiewiet daar gekry, wat vir my 'n lifer is. Ek was baie gelukkig om 'n foto ook te kry, wat goed genoeg is om dit positief te identifiseer. Ek het ook vanoggend in die digte mis in die reservaat ook 'n Steenbok ram en ooi gesien. Ek het nie by Postbesg 'n draai gemaak nie, want ek wou die Vrydagmiddag verkeer huistoe vryspring. Ek is laat middag terug huistoe, maar het darem eers 'n draai gaan maak by die Tienie Versveld Reservaat oppad huistoe om te kyk of ek beter fotos kon kry van 'n Gevlekte Klopkloppie. Ek het ook daar 'n foto geneem van 'n Bontkiewiet en dit was interresant toe ek deur my fotos gaan en die "vlerk stekels" op die Bontkiewiet se vlerke sien. Ek het diť vlerk stekels voorheen nog net op Wilde Makoue se vlerke gesien, so dit was iets nuuts vir my. My hoogtepunt was natuurlik die Mongoolse Strandkiewiet en dit was ook lekker om weer 'n Gevlekte Klopkloppie foto te kon kry.

   

     
Slangverklikker Kaapse Tiptol Karoolewerik
     
Bosveldtjeriktik Bosveldtjeriktik Kleinrooibandsuikerbekkie
     
Kleinwulp Grootwulp Hartlaubmeeu
     
Vaalstrandkiewiet Mongoolse Strandkiewiet Geelborsstrandkiewiet
     
Bloureier Grootflamink Kleinflamink
     
Gevlekte Klopkloppie Gevlekte Klopkloppie Gevlekte Klopkloppie
     
Mongoolse Strandkiewiet Mongoolse Strandkiewiet Mongoolse Strandkiewiet
     
Gewone Mosssie mannetjie Bontkiewiet Kransduif
     
Witkeelswael Blouvalk Bergpatrys
     
Teeleend Steenbokram Steenbokooi