6 September 2009    
Weskus Nationale Park  
   
 

Ek, Ursula, Melissa en Makayla is vanoggend laat deur Weskus toe om die dag net rustig deur te bring en te kyk of ons die reŽnweer, wat hier in Durbanville was, vry kon spring. Ons het eers 'n vroeŽ middagete by Langebaan gaan eet en is toe Weskus Nationale Park toe om te gaan blomme kyk. Die sonnetjie was darem uit teen die tyd dat ons klaar geŽet het. Die blomme was darem oop naby Seeberg en ons het daar 'n tydjie in die veld spandeer. Ons is hierna vlugtig by die Seeberg skuiling aan om te kyk of die Mongoolse Strandkiewiet nog daar was. Die gety was baie hoŽr as wat ek gedink het dit sou wees en daar was geen teken van die Mongoolse Strandkiewiet nie. Ons is toe Postberg toe, maar dit was alreeds 4uur toe ons daar aankom. Dit was ook redelik bewolk en die blomme het reeds begin toemaak. Dit was darem alles die moeitewerd toe ons 'n groepie Bakoorvosse gesien het, wat vir ons almal 'n eerste was om te sien, asook 'n groot groep Elande, Blouwildebeeste, asook die Bergkwaggas wat ons lekker vermaak het met hulle mannewales. Ons is hierna terug huistoe. Ek hoop dat ons teen die einde van die maand, wanneer ek terug is van Ghana, weer 'n kansie sal hÍ om Postberg te kan besoek, voordat die hekke weer sluit aan die einde van die Blommekyk seisoen. Dit was nie 'n voŽlkykdag vandag gewees nie, maar ek kon nie help om baie Geelbekwoue vandag te sien nie. Dit was heerlik om net so saam met die familie die diere te kon sit en dophou.

   

     
Reuse Sterretjie Gewone Sterretjie Kleinwulp
     
Rooivlerkstreepkoppie Geelbekwou Skangverklikker
     
Kopereend wyfie Gewone mossie mannetjie Kleinwitreier
     
Kopereend mannetjie Volstruis wyfie Volstruis mannetjie
     
Bontebok Bergkwagga Eland
     
Blouwildebeeste Steenbok ooi Bakoorvos