19 September 2009    
Elandsbaai  
   
Southern Right Whale en haar kalf(met die wit vlekke)
 

Ek, Ursula en die kinders is vanoggend Elandsbaai toe. Dit was Ursula se eerste keer Elandsbaai toe. Ons was eers by die Weskus Nationale Park aan, maar Geelbek hide was weer terleurstellend soos wat die geval die afgelope paar keer was. Daar was net enkele Kleinwulpe te sien in die laagwater gety en hulle was so ver dat ek my spotting scope moes uithaal om te sien wat dit was. Ek kan nie glo dat die rede vir die min voŽls die laag gety was nie of die feit dat ons taamlik laat daar aangekom het nie. Daar is net nie naastenby die hoeveelheid voŽls meer hier soos vroeŽr nie. Dalk is die waders die jaar net baie laat in vergelyking met die laaste twee jaar. Ons is van Geelbek af Seeberg hide toe, waar daar ietwat meer voŽls was, afgesien van die feit dat die gety nog taamlik laag was. Ons was so 2 ure daar. Daar was 'n groepie Kleinflaminke, 'n groepie Geelbeksterretjies en die gewone Vaalstandkiewiete en 'n klompe drietoonstandlopers. Ons het toe na middagete in Langebaan, Velddrif toe gery, waar ek vinnig by die hide daar ingeloer het, waar die water reeds baie hoog was, maar waar ek ten minste die Groenpootruiters en Moerasruiters kon hoor en sien. Ons is toe deur Elandsbaai toe. Ursula was nog nooit daar nie. Daar aangekom het 'n Southern Right Whale en haar kalf in die baai ons begroet. Ons het vir 'n lang ruk daar gestaan en is toe na die "Tern Roost" toe, waar daar 'n klompie sterretjies was, maar niks nuuts nie. Na 'n hele rukkie daar op die strand het ons weer huiswaards gekeer, maar nie voor ons 'n Rooireier gesien het nie asook gestop het om Bontvisvangers, Glansibis en 'n Lepelaar af te neem nie. Ons het ook 'n Karoo Girdled Lizard gesien. Die weer het vandag mooi saamgespeel en dit was 'n baie lekker dag. Die hoogtepunt vir die dag moet gaan aan die Walviskoei met haar kalf by Elandsbaai.Ek sal daarvan hou om weer vroeg hier te kan wees en die gebied vir 'n slag deeglik fynkamp vir enige ongewone spesies. Ursula en die kinders se hoogtepunt was ook die walvis en haar kalf by Elandsbaai. Daar was ook 'n baie oulike klein Dassie en 'n kleinmuishond wat ons naby die "Tern Roost" gesien het. 'n Paar Geelbekwoue op die selfde paal het ook mooi stil gesit vir 'n foto oppad terug huistoe.

   

     
Afrikaanse Vleivalk Kleinrooibandsuikerbekkie Bosveldtjeriktik
     
RooiborsjakkalsvoŽl Witkeelswael Vaalstrandkiewiet
     
Glansibis Blouvalk Lepelaar
     
Afrikaanse Hoephoep Gewone Koester Geelbesterretjie
     
Kuifkopdobbertjie Bontvisvanger Kuifkopduiker
     
Swarttobie Kuifkopduiker Witborsduiker
     
Rooipootelsie SlanghalsvoŽl - semi volwasse Geelbekwou
     
Bontkiewiet Hartlaubmeeu Karoo Girdled Lizard
     
Dassie - onvolwasse "Southern Right Whale" - kalf "Southern Right Whale" - koei