1 Oktober 2009    
Overberg - De Hoop  
   
 

Ek en Melissa is vanoggend De Hoop reservaat toe met die hoop om ook die Keinstreepswaels daar te sien, wat onlangs hier opgemerk is. Ek was nog nooit voorheen in die reservaat nie, alhoewel ek al by Potberg voorheen was om die KransaasvoŽls te gaan soek. Dit was 'n lekker oggend toe ons by die huis wegtrek, maar die weer het baie vinnig versleg toe ons Sir Lowry's Pass bereik. Die wind was stormsterk met dreigende wolke. Die De Hoop grondpad duskant Bredasdorp was nat en modderig en glyerig en ek het vinnig besluit om nie haastig te raak en dalk op die kant van die pad te eindig nie. Die kar was vol modder teen die tyd dat ons die hek van die reservaat bereik het. Ons het die Kleinstreepswaels taamlik maklik opgespoor, maar dit was reŽnerig en daar was ook 'n sterk wind en dit het vinnig duidelik geword dat ons of die swaels in vlug moes afneem of sonder 'n foto moes huistoe gaan. Gelukkig het ek darem 'n paar fotos gekry en daarna het ek vir Melissa 'n paar lesse gegee hoe om swaels in vlug af te neem, want dit was vir haar iets nuuts om voŽls in vlug af te neem en ek kon sien dat die frustrasie begin inkruip. Na 'n lang ruk daar en baie fotos later het ons die direkte omgewing en die res van die park gaan verken. Melissa was bly dat sy ook 'n foto van die Kleinstreepswaels kon kry en ons was albei baie ingenome met ons nuwe lifer vir die dag. Ongelukkig was die Kleinstreepswaels die enigste "lifer"vir die dag, maar ek was bly om die Swartsaagvlerkswaels so in die oopte kon sien en ook 'n paar fotos van hulle kon kry.

   

     
Kleinstreepswael Kleinstreepswael Kleinstreepswael
     
Swartsaagvlerkswael Swartsaagvlerkswael Swartsaagvlerkswael
     
PÍrlborsswael Witkeelswael Kransswael
     
Gevlekte MuisvoŽl Rooivlerkspreeu Kroonkiewiet
     
Geelkanarie Streepkopkanarie Kaapse Glasogie
     
Fiskaal Laksman Suidelike Waterfiskaal Swartkraai
     
Gewone Bontrokkie HoŽveldse Skaapwagter Rooikop Lewerik
     
Gewone Tortelduif Kransvalk RooiborsjakkalsvoŽl
     
Kleinwitreier Lepelaar Wilde Makou