2 Oktober 2009    
Overberg - De Mond reservaat  
   
 

Na 'n lekker gesellige aandjie saam met my Pa-hulle op die plaas het ek vanoggend 'n draai gaan maak by De Mond Natuur reservaat. Net voor ek daar aankom, ry ek verby 'n Geelbekwou wat besig is om 'n Gewone Tarentaal te verorber. Ek het vir 20minute daar spandeer en ek dink die Geelbekwou was omtrent trommel dik toe dit uiteindelik klaar gevreet het. Ek gewonder nog steeds of die Geelbekwou self die Tarentaal gevang het. Nadat ek 'n tydjie by die Geekbekwou spandeer het, is ek voort. Die gety was ongelukkig baie laag toe ek by De Mond Natuur Reservaat aankom en ek het maar van die geleentheid gebruik gemaak om die Sterretjies deur te kyk vir enige iets raars. Daar was heelwat Sterretjies, maar ek kon niks sien wat skaars lyk nie. Ek het toe 'n paar Ringnekstrandkiewiete bekruip, maar hulle was skugter en wou nie my toelaat om enigsins naby te kom nie. Die Geelbekwou was my hoogtepunt vir die uitstappie. En toe is ek weer terug plaas toe. Oppad terug plaas toe het ek 'n paar Lelspreeus gesien, maar kon ongelukkig nie 'n goeie foto kry nie. Daar was ongelukkig geen nuwe voŽls vir die dag nie, maar ek het myself geniet met die hordes Gewone Sterretjies vandag by die mond van die Heuningnes rivier in die reservaat.

   

     
Geelbekwou Geelbekwou Geelbekwou
     
Visarend (semi-volwasse) Visarend Drietoonstrandloper
     
Ringnekstrandkiewiet Geelborsstrandkiewiet Vaalstrandkiewiet
     
Kleinwulp Lelspreeu Swarttobie
     
Gewone Sterretjie Kelpmeeu Gewone Bontrokkie