24 Oktober 2009    
Weskus Nationale Park  
   
 

Ek is vanoggend weer Weskus Nationale Park toe en diť keer om te kyk of ek 'n Vaalstreepkoppie kon kry. Die Vaalstreepkoppies het onlangs die Weskus Nationale Park in groot getalle ingevaar. Ek het sommer vroegoggend al my eerste Vaalstreepkoppie vir die Weskaap gesien en sommer 'n foto ook kry, wat vir my dan nog 'n Weskaapse Lifer in die sak beteken het. Ek het by Abrahamskraal, Seeberg, Geelbek en Tsaarsbank 'n draai gaan maak en het redelik baie voŽls vir die dag gesien.. Daar was besonder baie Namakwaduifies vandag te sien reg deur die reservaat. Ek kan nie onthou dat ek al ooit so baie Namakwaduifies voorheen in die Park gesien het nie en ek dink dat dit dalk as gevolg van die huidige droogte in die Karoo mag wees, wat dan ook heel moontlik die rede is vir die skielike toename van Vaalstreepkoppies in die park. Dit is dan natuurlik ook besig om Somer te raak dit en mag dalk ook net normale Somer migreer patrone wees. Voor die Geelbek hide het ek 'n Geelborsstrandkiewiet dopgehou wat my aandag probeer aftrek het van haar kleintjies deur te maak asof haar vlerk gebreek was. Die klein voŽltjie het 'n Oskar vertoning gelewer toe ek haar so bietjie geterg het deur heen en weer voor haar op die loopplank paadjie rond te stap. My hoogtepunt, behalwe vir die feit dat ek 'n nuwe Weskaap lifer bygekry het was toe ek vanoggend my 3de Rookat in die park gesien het en vanmiddag my 3de Pofadder in die park gesien het. Ek het ook my eerste Knox's Desert Lizard vandag gekry.

   

     
Suidelike Rooivink PÍrlborsswael Karoolewerik
     
Grysrugtinktinkie Kaapse KapokvoŽl Kaapse Wewer
     
Witkeelkanarie Geelborsstrandkiewiet Vleitinktinkie
     
Witkeelswael Europese Swael PÍrlborsswael
     
Afrikaanse Vleivalk Geelbekwou Blouvalk
     
Kleinwitreier Rooipootelsie Kaapse Rietsanger
     
Jangroentjie Namakwaduifie Geelkanarie
     
Vaalstreepkoppie Rooivlerkstreepkoppie Kaapse Tiptol
     
Swartkopreier Bloureier Bleshoender
     
Witgatspreeu WitkruismuisvoŽl Dikbeklewerik
     
Bontkiewiet Bontelsie Moerasruiter
     
Grootwulp Kleinwulp Bandstertgriet
     
Hartlaubse meeu (semi-volwasse) Krombekstrandloper Grysstrandkiewiet
     
Steenloper Kleinstrandloper Drietoonstrandloper
     
Kaapse Patrys Volstruis Bokmakierie
     
Kopereende Europese Byevreter Swarttobie
     
Gewone Mossie Witkruisvleivalk Rooikat
     
Knox's Desert Lizard Pofadder Ploegskaarskilpad