Weskus Nationale Park14 November 2009

Vaalstreepkoppie

Drietoonstrandloper

Bandstertgriet

Kleinsterretjie

Kleinsterretjie

Bleshoender

Fiskaal Laksman

Karoo Langstertjie

WitkruismuisvoŽl

Rooivlerkstreepkoppie

Bosveldtjeriktik

Grysrugtinktinkie

Karoolangstertjie

Bonthoutkapper

Swartvlerkkorhaan

Gewone Tortelduif

Geelkanarie

Witborskraai

Witpelikaan

Geelbekwou

Blouvalk

Kleinwindswael

Kleinwindswael

Kleinwindswael

Kleinwindswael

Witkeelswael

Witkeelswael

Kleinwindswaels

Na 'n taamlike nat reŽnerige week, wat meer was soos 'n tipiese Kaapse winter gevoel het, het ek vanoggend weer die Weskus Nationale Park gaan besoek. Ek het die Swartkopmeeu gaan soek, wat Donderdag by Geelbek opgemerk is, asook 'n Kleinsterretjie, wat ek ook nog gekort het vir 'n "lifer". Ek was veral opgewonde met die hoop om 'n Swartkopmeeu te sien, omdat ek nie die Swartkopmeeu, wat vroeŽr die jaar in die Paarl gesien is, kon sien nie, omdat ek op daardie stadium in Duitsland was. Ek het 'n bietjie vroeg by die Weskus Nationale Park se hek aangekom. Die Weskus nationale Park se hek maak eers 7uur oop, wat nie mooi sin maak vir diegene wat die reservaat vroegoggend wil besoek nie, want sonopkoms is reeds 6uur en dis nog nie eens Desember nie. Ek is reguit Geelbek toe en na so bietjie se rondsit daar het Trevor ook daar aangekom, gevolg deur Bridget en Ann van die Tygerberg voŽlklub. Ongelukkig was daar geen teken van 'n Swartkopmeeu nie. Ek het geduldig gebly en gehoop dat die Swartkopmeeu sou opdaag en is toe 'n toe Seeberg toe met die stootwater. Ek was baie bly vir my lifer in die vorm van 'n Kleinsterretjie vir die dag. Daar was vanoggend weer heelwat Namakwaduifies in die Park te sien, asook steeds heelwat Vaalstreepkoppies te sien, asook vlieŽnde termiete, wat op 'n paar plekke in die reservaat groot getalle voŽls gelok het wat in die fees gedeel het. Net voor ek taamlik vroeg huistoe is, het ek ook 'n vinnige draai by Abrahamskraal gaan maak en is daarna huistoe. Melissa en Makayla se einde van die jaar dans konsert was vanaand en ek kon nie te laat ry nie. Oppad huistoe het ek weer 'n nog 'n vlieŽnde termiet uitbarsting gesien, net voor Yzerfontein, wat groot getalle swaels gelok het. Ek het gestop om 'n paar fotos te neem en dit was 'n belewenis om die Kleinwindswaels dop te hou en die klap geluidtjies te hoor wanneeer die termiete uit die lug gryp. Een van die Kleinwindswaels het selfs my hare geraak met sy vlerk soos wat dit verby my kop geswiep het om 'n termiet reg voor my gesig uit die lug te gryp. Ek kon geen termiete sien wat langer as 7 na 8 sekondes in lug kon bly, sonder om gevang te word deur een van die menigde Witkeelswaels en Kleinwindswaels nie. Dit was vir my die hoogtepunt van die dag. Ek was natuurlik baie bly oor my Lifer vir die dag en hopelik sal daar weer 'n geleentheid wees om die Swartkopmeeu op 'n ander stadium as 'n lifer te kan byvoeg.