19 Desember 2009    
Durbanville-tot-Darling-Hills Rd  
   
 

Ek het vanoggend vroeg op die ingewing van die oomblik besluit om 'n draai te gaan ry en te kyk wat nuut was in en om Durbanville en omgewing. 'n Voetganger het so net na 6am verby my gestap, waar ek besig was om 'n Blouvalk af te neem in Durbanville se hoofpad net buite die dorp en my toe vertel van 'n uil wat hy minute tevore gesien het. Hy het my die fotos gewys wat hy met sy selfoon geneem het van die uil wat op die grond gesit het, wat heel waarskynlik 'n Gevlekte Ooruil was. Ek het gery tot waar hy my beduie het, maar dit was alreeds 10 minute later en die uil was skoonveld. Ek is toe vandaar af Contermanskloof se rigting toe, waar ek 'n Edelvalk gesien asook heelwat BruinjakkalsvoŽls in die lug. Ek het toe besluit om Darling-Hills te besoek, aangesien dit so 'n lekker oggend was. Daar het ek nog heelwat meer BruinjakkalsvoŽls gesien. Ek het twee van die jakkalsvoŽls gesien wat mekaar in die lug rondjaag, terwyl ten minste een van die twee kort-kort geroep het. Dit wil voorkom of die een 'n semivolwasse RooiborsjakkalsvoŽl was. Die oggend het hierna net lekkerder geword. Ek het 'n Europese Byevanger gekry, asook 'n Geelbekwou wat mooi gesit het vir 'n paar fotos. Die verrassing vir die dag was toe ek langs 'n stroompie stop en 'n Rietsanger hoor wat my so bietjie laat kopkrap het. Ek was baie bly toe ek na omtrent 20minute se wag die Rietsanger te sienne kry, nadat ek dit net kon hoor roep. Dit was 'n Kleinrietsanger en het tot langs die pad gevlieg uit die ruigtes uit en ek was net betyds om vinnig vier fotos te neem, waarmee ek baie tevrede was. Ek is kort hierna baie in my noppies met 'n paar interessante voŽls op my memory kaart terug huistoe.

   

     
Rooibeksysie Kaapse Kanarie Blouvalk
     
Edelvalk BruinjakkalsvoŽl BruinjakkalsvoŽl
     
HoŽveldse Skaapwagter Kaapse Wewers Gewone Mossie
     
Witkruiswindswael Fiskaal Laksman Fiskaal VlieŽvanger
     
Witkeelswael Witkeelswael Europese Swael
     
BruinjakkalsvoŽl Namakwaduif mannetjie Namakwaduif wyfie
     
Kleinrietsanger Kleinrietsanger Kleinrietsanger
     
Witpelikaan semivolwasse Grootringduif Gewone Tortelduif
     
RooiborsjakkalsvoŽl - semivolwasse BruinjakkalsvoŽl Witborskraai
     
Geelbekwou Geelbekwou BloukraanvoŽl
     
Europese Byevanger Veereier - broeidrag Rooibekeend