21 Desember 2009    
Stony-Point  
   
 

Ek is vanoggend saam met die kinders Arabella Landgoed toe om te kyk of ons die Oopbekooievaar kon opspoor wat twee dae terug daar gesien is nie. Die wind was taamlik sterk en na baie stap en soek het ons moed opgegee en is ons Stony Point toe oor middagete om Brilpikkewyne te gaan kyk, maar ook om vir my die geleentheid te bied om te kyk of ek 'n beter foto van 'n Bankduiker kon kry. Daar aangekom het ons ontdek dat bykans al die Brilpikkewyne besig was om hulle ou veredrag af te skud. Dit het die trippie die moeitewerd gemaak, want dit was 'n eerste vir ons almal om te sien. Ek het dit nog net om die Kuifkopduiker verlede jaar gesien. Ek was bly om te sien dat daar wel 'n paar Bankduikers was om af te neem, maar moes soos altyd, wanneer ek hier is die kamera maar so stil as moontlik probeer hou teen die sterk wind om 'n beter foto te probeer kry. Ons is hierna weer terug Arabella toe om te kyk of ons nie beter sukses oor die namiddagskof kon behaal nie, maar ongelukkig moes ons weer met die spreekwoordelike "leŽ hande" terugkeer huistoe. Naby Durbanville het 'n swael langs die pad my aandag getrek. Dit was 'n PÍrlborsswael en na 'n vinnige foto is ons voort. Ongelukkig was daar geen lifers vir een van ons vandag nie, maar die Brilpikkewyne in hulle verveer-kleed was darem 'n hoogtepunt en die feit dat ek weer 'n Bankduiker kon afneem. Ek kan maar net hoop dat nog Oopbekooievare hulle verskyning sal maak in die Weskaap.

   

     
Gevlekte MuisvoŽl Swarttobie Kolgans
     
Brilpikkewyn Brilpikkewyn SlanghalsvoŽl
     
Bankduiker Bankduiker Witborsduiker
     
Kelpmeeu Kelpmeeu (kuiken) BruinjakkalsvoŽl
     
Witkruiswindswael PÍrlborsswael Dassie