31 Desember 2009    
Dreyersdal Plaas  
   
 

Ek is vanoggend vroeg Dryersdalplaas toe met die hoop om die Oopbekooievaar op te spoor. Ek het so 7:00 by die plaas aangekom en die koordinate, wat ek op die birdnet gekry het, het my na 'n doodloopstraatjie gelei, net langs die Dreiersdalplaas. Ek het besluit om eerder die Dryersdalplaas te verken, met die hoop om die Oopbekooievaar daar op te spoor. Daar was 'n paar interessante voŽls wat ek deur die loop van die oggend gesien het, wat insluit 'n Swarteend asook 'n Geelbekreier, maar geen spoor van 'n Oopbekooievaar nie. Na bykans 'n hele oggend se rondsoek is ek die middag terug na die straatjie, wat aan die Dryersdalplaas grens en daar ontmoet ek toe vir Simon Fogarty, wat my toe meedeel dat die Oopbekooievaar die oggend daar gesien is. Ek is kort hierna terug Durbanville toe, maar omstreeks 4:30 kry ek toe 'n onverwagste oproep van Simon Fogarty, wat my toe meedeel dat die Oopbekooievaar weer terug is in die veldjie langs die huise. Ek het teruggehaas na die plaas toe, waar ek vir Simon weer ontmoet het, wat my toe die Oopbekooievaar wys. Die ooievaar was pressies daar waar ek die middag gestaan en kyk het en waar ek vir Simon ontmoet het. Ten spyte dat die son al taamlik laag agter die voŽl gesit het ek darrem geslaag om steeds 'n aanvaarbare foto te neem. Die Ooivaar het kort hierna teen 'n stewige Suidooste windjie opgestyg en vir so 'n paar oomblike oor die veldjie gehang en toe in een van die klein droŽ boompies so 50m van daar gaan land, waar dit seker die nag sou deurbring. Dit was die beste einde wat ek ooit kon droom voor vir Oujaarsdag 2009 en is toe terug huistoe om voor te berei om die Oujaar saam met familie te vier. Gelukkige 2010 vir almal!

   

     
Withalskraai Swartwindswael Witborskraai
     
Bloureier Bontkiewiet Grootstreepswael
     
Bontvisvanger SkoorsteenvieŽr Swarteend
     
SlanghalsvoŽl Veereier Geelbekreier
     
Gryskopmeeu-onvolwasse Rietduiker Witkeelswael
     
Geelbekeend Swartswaan (mak) Kolgans
     
Kaapse Kanarie Dikkop Oopbekooievaar