27 April 2010    
Strandfontein  
   
 

Ek het vandag vir Melissa en Makayla saam met my Strandfontein toe geneem. Daar aangekom het ons eers die gedeelte om Pan2 gefynkam en daarna die res van die panne ook gaan weer gaan deurkyk. Daar was die gewone drie Withalskraaie wat lyk my nou permanente inwoners geraak het van Pan2. Daar was 'n klompie Witpelikane by Pan2 wat veral Melissa se asem weggeslaan het omdat hulle so naby aan ons was en sy kon nie ophou met fotos neem nie. Ons kon ongelukkig geen skaars voëls sien by enige van die panne nie, maar ons almal het ons self geniet en dis al wat tel. Daar was heelwat Geelbeksterretjies saam met jong Geelbeksterretjies. Die jong Geelbeksterrejies het die ouer Geelbeksterretjies lastig geval om kos te kry. Daar was ook 'n Swarttobie asook meer as honderde Kleindobbertjies op van die agterste panne te sien. Dit was beslis die meeste Kleindobbertjies wat ek al ooit saam gesien het. Hulle was ook verbasend rusting teenoor mekaar en was glad nie aggresief teenoor mekaar, soos wat ek al heel dikwels gesien het nie.

   

Hadeda Groot Koningriethaan Veereier
     
Gewone Koester Gewone Koester Gewone Koester
     
Witpelikaan Witpelikaan - onvolwasse Rooivink
     
Vleitinktinkie Withalskraai Swarttobie
     
Rooibekeend Grootflamink Teelend
     
Driebandstrandkiewiet Kleindobbertjie Kaapse Tiptol