27 Junie 2010    
Paarl - Bergreservaat  
   
 

Ek, Ursula en die kinders het vanoggend laat Paarl Bergreservaat toe gery om daar 'n potjie daar te gaan maak en 'n vleisie te braai. Dit was 'n pragtige wintersdag in die Paarl en net 'n baie lekker dag om by 'n braaivleisvuurtjie te kuier en na die vlamme in die vuur en die potjie op die kole te staar terwyl jy aan jou wyntjie of 'n warm koppie koffie sit en sip. Na 'n lekker potjie het ons laat middag deur die tuin van die Paarl Bergreservaat gestap saam met die kinders. Op die bokant van die tuin het ons gestop om te kyk hoe 'n Kaapse Suikervoël en 'n klompie Kaapse kanaries bad in 'n plassie water. Die son was reeds laag en ons is terug na die motor, voor die son heeltemal onder was. Daar was nie regtig vandag tyd om voëls te kyk nie, maar dit was ook nie die doel van vandag se uitstappie nie en die lekker potjie was ongetwyfeld vandag se hoogtepunt! :-)

   

Kaapse Kanarie Kaapse Suikervoël Oranjebors Suikerbekkie
     
Ursula Melissa Makayla